On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams
Vrystaat Kunstefees 2016

Vrystaat Kunstefees 2016 Venue: Universiteit van die Vrystaat

Beleef ‘Ons Afrika’ by vanjaar se Vrystaat Kunstefees van 11 - 16 Julie 2016 in Bloemfontein! Raak #feesbevange met OFM wat regstreeks uitsaai vanaf die feesterrein op die Bloemfonteinkampus van die Universiteit van die Vrystaat. Kuier saam met Cyril Viljoen met ‘At Lunch’ en ‘Cyril Saturday’, André Kunz en die ‘Afternoon Delight’-span asook Zelda Goetz met The Weekend Warm Up. Skakel in op OFM vir onderhoude met die kunstenaars en als wat jy moet weet oor die fees. Die feesprogram het dié jaar weer vuurwarm produksies om jou te help vergeet van die ysige winterbyt, soos hierdie in die OFM-Albert Wessels-ouditorium:

Image title

An audience with Miss Hobhouse

Drama (PG)

Cost: R100

Duration: 55 minutes

Language: English

Script: Tony Jackman/Emily Hobhouse

Director: Christopher Weir

With: Lynita Crofford

The award-winning production of Tony Jackman’s play with Crofford in her Fleur du Cap Award-nominated role as Emily Hobhouse, the British campaigner against atrocities in Boer War concentration camps, and Tant’ Alie, a camp inmate. The production won a Standard Bank Ovation Award at the National Arts Festival in Grahamstown in 2013. Hobhouse achieved fame in South Africa and stirred the ire of her own British people by bringing to their attention the dire conditions under which the British were keeping Boer prisoners of war – mainly women and children – in concentration camps.

Times: 13 Jul 11:30, 14 Jul 18:00, 15 Jul 17:30

Buy tickets: http://online.computicket.com/web/event/an_audience_with_miss_hobhouse/1032195953/0/72578394


Image title

Longe

Drama (Geen onder 13, Ouerbeskerming)

Prys: R120

Tydsduur: 75 minute

Taal: Afrikaans

Teks: Duncan MacMillan, vertaling: JP du Plessis, Hilletje Möller Bashew

Regie: JP du Plessis

Met: Hilletje Möller Bashew, Jan Brink

“Tienduisend ton koolstofdioksied. Die gewig van die Eiffeltoring. Ek gaan geboorte skenk aan die Eiffeltoring!” So sê vrou in Longe nadat die standaard-kind se koolstofvoetspoor bereken is. Om te bestaan behels ’n reeks kernkragoomblikke, meestal vlietend. Plofbaar. In Longe ontvou ’n paartjie se gesprek skouspelagtig van die voortbring van kinders tot die geweldige besef van ’n universele verantwoordelikheid: die aarde.

Tye: 13 Jul 20:30, 14 Jul 15:30, 16 Jul 14:00

Koop kaartjies: http://online.computicket.com/web/event/longe/1032195957/0/72578395



Image title

Sharrap en eet jou kos

Komedie (Geen onder 10, taal)

Prys: R110

Tydsduur: 60 minute

Taal: Afrikaans

Teks & Regie: Ilne Fourie

Met: Ilne Fourie as Ilne Fourie, jul kelner vir die aand

Harde eiers? Sagte eiers? Warm melk of koue melk? Wit brood of bruin brood? To be or not to be? Was Shakespeare dan ook ’n waiter? In hierdie bekkige toneelstuk steek Fourie die draak met kliënte wat sy die afgelope jaar as kelnerin bedien het. Daar word geskinder, geklets, gekloek en natuurlik gekoek en tee tot jy skaterlag. ’n Indringende kykie van wat agter die skerms...of sal ‘n mens liewer sê skinkborde gebeur! ’n Dag in die lewe van ’n kelner is alles behalwe koek en konfyt!

Tye: 13 Jul 17:30, 14 Jul 13:00, 15 Jul 20:30

Koop kaartjies: http://online.computicket.com/web/event/sharrap_en_eet_jou_kos/1032195958/0/72578397


Image title

Twee susters

Komedie (Ouerbeskerming, taal)

Prys: R120

Tydsduur: 65 minute

Taal: Afrikaans

Teks & Regie: Chris Vorster

Met: Hennie Jacobs, Chris Vorster

‘n Paar klassieke dramas word behoorlik deurmekaargeklits met ‘n stewige skeut galgehumor. Dié twee susters het nie ‘n deugdelike woord of ‘n knippie liefde vir mekaar oor nie. Kleinsus is haar lewe lank afgeknou en vier vannag haar geboortedag met die moordlustigste planne en poëtiese vryheid. Die vonke, voete, vuiste, morfien en arseen spat behoorlik soos die twee mekaar skaamteloos in die rug probeer steek! Hierdie is mos nou Afrikaans in haar nuwe rok . . . vreesloos, uitdagend en heerlik ondeund!

Tye: 15 Jul 14:30, 16 Jul 18:00 & 20:30

Koop kaartjies: http://online.computicket.com/web/event/twee_susters_vrystaat_kunstefees_2016/1032197022/0/72578398

Image title


Mokete Poetry Explosion

Poetry (Indigenous languages)

Price: R50

Duration: 180 minutes

With: Charmaine Mrwebi

Charmaine Mrwebi is a poet, publisher, mentor, writer and story teller. This poetic explosion combines indigenous sounds and a cappella singing, instruments and dance.

Times: 14 Jul 21:00, 15 Jul 10:00

Buy tickets: http://online.computicket.com/web/event/mokete_poetry_explosion/1032196520/0/72578474

Met Publieke Artistiese Projek (PAP), Vrynge, en literatuurfees as nuutjies het die Vrystaat Kunstefees werklik iets vir almal – sien die volledige program by: http://www.vrystaatkunstefees.co.za/

View All

News

Trump staak befondsing hangende ondersoek na SA grondbeleid

Die Suid-Afrikaanse regering sê hy sien uit daarna om met die Amerikaanse president Donald Trump in gesprek te tree ná bewerings dat die staat grond opsetlik konfiskeer.  Read More


Magdom Palestyne keer terug na Gasa

Tienduisende Palestyne het na die noorde van Gasa begin terugkeer nadat Hamas ingestem het om later vandeesweek drie Israeliese gyselaars te oorhandig.  Read More


Sukses in Afrika noop verdere gebruik van malaria-entstof

Afrika se stryd teen malaria het ’n hupstoot gekry nadat miljoene dosisse van die entstof dwarsoor die vasteland afgelewer is.  Read More


‘Deur God gered’ – Trump op inhuldiging

Soos wat Amerikaners die eerste volle dag van die nuwe Trump-administrasie begin, moet hulle ’n vlaag uitvoerende bevele verwerk wat onderteken is binne ure nadat pres. Donald Trump Maandag (20/1) die...  Read More


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.