
Wil jy die opwinding van Graan SA se NAMPO Oesdag beleef én fantastiese pryse wen? Nou’s jou kans! Graan SA gee NAMPO geskenkpakke en -kaartjies weg na dié landbou ekspo vanaf 13 tot 16 Mei 2025.
Waarna sien jý uit? Is dit die jongste landboutegnologie wat jou aandag trek, of die kans om met medeboere te gesels en inspirasie te kry? Laat weet ons hieronder, en jy mag dalk een van tien gelukkige wenners wees!
Pryse op die spel:
- 4 x Graan SA geskenkpakke (elk ter waarde van R2 500) met 4 toegangkaartjies elk
- 6 x pryse van 4 toegangkaartjies elk
Pryse word lukraak toegeken en kan bestaan uit óf 'n geskenkpak óf 'n kaartjiebondel.
Om in te skryf, beantwoord eenvoudig die vraag:
Waarna sien jy die meeste uit by Graan SA se NAMPO Oesdag 2025?
B’s en V’s geld.