On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Winsmarges vir grane lyk goed

───   ELSABÉ RICHARD 13:50 Fri, 05 Aug 2022

Landbounuus-podcast: Winsmarges vir grane lyk goed | News Article

Winsmarges vir grane lyk goed.

Só sê Professor Johan Willemse, ‘n landbou-ekonoom, nadat hy produsente by Vrystaat Landbou se jaarkongres toegespreek het. Kommer oor die veebedryf se winsmarges is weens ‘n swakker ekonomie en dieresiektes soos bek-en-klouseer wat in dele van Suid-Afrika, insluitend in die Noordwes en Vrystaat, aangemeld is. Hy het verder met OFM-nuus gedeel dat ten spyte van die hoër insetkostes wat produsente in die gesig staar, is daar nog ‘n redelike winsmarge vir grane - mits produsente ‘n goeie opbrengs behaal.

Welkome reën wat deur 'n afsnylaag in die suide van Namibië veroorsaak is, het vir goeie reënvalsyfers in die Noord-Kaap gesorg. Kuruman het 27mm aangeteken, 20mm is by Kathu en 12mm is vandeesweek by Postmasburg aangeteken. OFM-nuus se korrespondent, Roderick Titus, berig die reën kom volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens net betyds vir die brandseisoen in die streek waar boere en veldbrandreaksiespanne reeds die afgelope twee weke moes bontstaan om veldbrande te blus voordat dit handuit ruk.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewendehawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Derksen sê speenkalwers, onder 200kg, het teen R40,62 per kg verkoop, terwyl speenkalwers tussen 200kg en 250kg, teen R38,48 per kg, en speenkalwers oor 250kg, teen R36,47 per kg verkoop het.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.