On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Kommer oor winsmarges vir veebedryf

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Fri, 05 Aug 2022

Kommer oor winsmarges vir veebedryf | News Article

Winsmarges vir grane lyk goed. Daar is egter kommer oor winsmarges vir die veebedryf.

Só sê Professor Johan Willemse, ‘n landbou-ekonoom, nadat hy produsente op Donderdag 4 Augustus 2022 by Vrystaat Landbou (VL) se jaarkongres toegespreek het. 

Sien onderstaande PODCAST

Kommer oor die veebedryf se winsmarges is weens ‘n swakker ekonomie en dieresiektes soos bek-en-klouseer wat in dele van Suid-Afrika, insluitend in die Noordwes en Vrystaat, aangemeld is.

ALSO READ: Traceability comes under scrutiny during panel discussion 

“As daardie mark geblok word, het ons ‘n redelike probleem [in die] binneland. Dit geld vir wol wat nie op die oomblik na China kan gaan nie.

“Dis belangrik vir ons om infrastruktuur en uitvoerprotokolle in plek te kry sodat ons genoeg voedsel kan bly produseer,” het Willemse benadruk.

ALSO READ: #FMD: Wool industry in conversation with China following ban

Hy het verder met OFM-nuus gedeel dat ten spyte van die hoër insetkostes wat produsente in die gesig staar, is daar nog ‘n redelike winsmarge vir grane - mits produsente ‘n goeie opbrengs behaal.

Wat prysvooruitsigte vir mielies betref, het Willemse gesê omdat daar onstabiliteit in die wêreld is, is pryse tans besig om sywaarts te beweeg na sowat R4 200.

“Ons is nie baie optimisties dat dit die volgende rukkie verder gaan styg nie, tensy daar ‘n groot droogteprobleem in Amerika ontwikkel.”

VL se kongres, wat op 3 Augustus afgeskop het, ook ander onderwerpe soos makro- en plaaslike ekonomiese tendense en hoë rentekoerse bespreek.

LEES OOK: Nersa se 9,61% elektrisiteitsverhoging moeilik vir landbou om te akkommodeer – Agri NK

Boere het ook tydens die geleentheid hul kommer en frustrasies met Eskom gedeel en die effek wat beurtkrag op hul daaglikse boerderybedrywighede het. Hulle wil van die netwerk af beweeg in 'n poging om nie net van Eskom afhanklik vir elektrisiteit te wees nie.

LEES OOK: Organisasie identifiseer faktore vir ‘n lewensvatbare landboubedryf

Intussen het OFM-nuus vroeër berig VL se tema is vanjaar ‘Ongeag’. Die Hoof Uitvoerende Beampte van die organisasie, Gernie Botha, het verduidelik dat binne die 'Ongeag'-raamwerk hulle wil kyk na probleme wat in die landboubedryf ondervind word.

Hierdie probleme sluit in veiligheid, landelike ontwikkeling, en jongboer-betrokkenheid. 

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.