On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

NWK se skoolskoenprojek saai dankbaarheid

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Tue, 02 Aug 2022

NWK se skoolskoenprojek saai dankbaarheid | News Article
FOTO: Verskaf.

Meer as 5 000 leerlinge in Noordwes het reeds sedert 2012 baat by NWK se Skoolskoenprojek gevind.

Dié organisasie het onlangs weer honderde behoeftige laerskoolleerlinge by skole in die Coligny-, Boikhutso- en Dudfield-omgewing naby Lichtenburg met onder meer musse, skoolskoene en skoenpolitoer toegerus. 

Sien onderstaande PODCAST

Vyfhonderd-en-twaalf pare skoolskoene is aan behoeftige leerders by die Matlape-, Tirelo-, Dudfield- en Phatsima Primêre Skole uitgedeel.

LEES OOK: #OFMSakeUur: Goeie graanopbrengs verwag in Noordwes

Volgens Johan Bezuidenhout, NWK se groepbestuurder van korporatiewe bemarking en kommunikasie, het die organisasie hierdie initiatief in samewerking met die provinsiale Departement van Onderwys en Samuel Nkone, ‘n voormalige areabestuurder van Ditsobotla by Noordwes se onderwysdepartement, van stapel gestuur.

Bezuidenhout verduidelik verder dat dit belangrik vir die organisasie is om in die opvoeding van laer- sowel as hoërskoolleerlinge te belê, omdat hulle die toekomstige leiers van Suid-Afrika is.

NWK is ook voortdurend betrokke in sy gemeenskap met ander initiatiewe soos om grondpaaie te skrap wat na sy silo’s lei, sowel as paaie wat deur die gemeenskap gebruik word om onder meer leerders na skole te vervoer.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.