On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 02 Aug 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemarkpryse het Vrydag weer hoër geneig en die week afgesluit met stygings van meer as 10%, die grootste weeklikse styging sedert vroeg Maart. Handelaars bly vir eers gefokus op weervoorspellings. Oorspoelsterkte vanaf sojabone het pryse verder ondersteun.

Warm en droë toestande in Europa het daartoe gelei dat Franse mielie-oestoestande binne 'n week met 7% afgeneem het. Slegs 68% van die oes is nou in 'n goed tot uitstekende toestand.

Plaaslik: Die mark het vroeg in die verhandelingsessie winste getoon maar het omgedraai en in die rooi gesluit. Witmieliepryse het tot en met 2,8% gedaal en geelmieliepryse tot en met 2,3%.

Die witmieliekontrak het vir Augustus R110/ton goedkoper verhandel vir die dag om teen R4 221/ton te sluit. Witmielies vir lewering in September het R114/ton laer verhandel teen R4 252/ton.

Die geelmieliekontrak vir Augustus 2022 het R82/ton swakker verhandel teen R4 200/ton. Die geelmieliekontrak het vir lewering in September teen R4 241/ton verhandel, R88/ton goedkoper.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmarkpryse het in die vorige sessie met nog 2% gestyg as gevolg van tegniese aankope wat deur ongunstige weerstoestande aangespoor is. Sojaboonpryse het in die vorige week met 11% gestyg, wat die beste week in 22 jaar was.

China beplan om nog 'n gedeelte van sy staatsbeheerde sojaboonreserwes op die 5de Augustus op te veil om plaaslike voorraad te verhoog en stygende pryse te beveg.

Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het gemeng, maar meestal aan die negatiewe kant verhandel. Die nader maande het kleiner verliese getoon en die verder maande het groter verliese getoon.

Die sojaboon Augustus ’22-kontrak het R20/ton swakker verhandel teen R8 720/ton. Die sojaboon September ’22-kontrak het R50/ton laer verhandel teen R8 770/ton. Die sojaboon Mei ’23-kontrak het teen R8 290/ton R152/ton swakker verhandel.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het laer verhandel in teenstelling met die ander twee kommoditeite met die hoop dat graan uit die Oekraïne uitgevoer sal word. 'n Ooreenkoms is bemiddel om graan uit Swartsee-hawens uit te voer. Hierdie berigte is ondersteun deur 'n besoek van die Oekraïense president aan 'n hawe naby Kiev. Berigte dui daarop dat 17 skepe by hierdie hawe vasgemeer is met 600 000 ton graan.

FranceAgrimer het aangedui dat 95% van sy sagte koringoes op 25 Julie geoes is, teenoor 84% die vorige week. Die oes word as 63% goed-tot-uitstekende toestand beoordeel.

Plaaslik: Die plaaslike koringmark het in mielies en sojabone se spore gevolg en laer verhandel. Pryse het tot en met 2,7% verloor.

Die Koring Augustus '22-kontrak het teen R7 190/ton verhandel, R192/ton swakker. Die Koring September ’22-kontrak het teen R7 200/ton verhandel, R166/ton swakker.

OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.