On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes: Produsente se verantwoordelikhede

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 01 Aug 2022

Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes: Produsente se verantwoordelikhede | News Article

Soos oudergewoonte gesels OFM-nuus met Stephan Pietersen, die stigter van Work Accident Support, oor die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes.

Pietersen praat vanoggend verder oor die kennisgewing wat die direkteur-generaal van die Departement van Indiensneming en Arbeid onlangs geteken het. 

Dit handel oor die verantwoordelikhede van produsente in terme van die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes.

Sien onderstaande PODCAST

Artikel 81 van die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes verwys na die feit dat produsente rekord moet hou van die lone wat uitbetaal word aan werkers, asook die name van die werkers.

LEES OOK: Kennisgewing deur departement raak ook produsente

In die landbou-industrie kan dit moeilik wees as gevolg van seisoenale werkers of werkers wat nie vir ‘n lang tyd werk op die plaas nie. Hier moet die produsent seker maak hy het ‘n afskrif van die werkers se identiteitsdokument, asook ‘n kontaknommer en adres.

Vir buitelandse werkers moet rekords gehou word van hulle paspoorte, en produsente moet ook verseker dat korporatiewe werkspermitte op datum is.

Dit is ook belangrik dat salarisadviese uitgereik word aan werkers. As ‘n werksbesering plaasgevind het, en ‘n salarisadvies is nie beskikbaar nie, kan die produsent ‘n brief optrek wat bevestig wat die werker se salaris was ten tyde van die besering.

LEES OOK: Skep profiel op CompEasy vir voordele

In terme van Artikel 82 van die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes, moet die produsent die jaarlikse lone wat aan werkers uitbetaal was, bevestig aan die Vergoedingsfonds. Die lone word dan gebruik om die rekening te bepaal wat deur die produsent betaalbaar is. Let wel dat werkers sowel as werkende direkteure se lone bevestig moet word.

Alhoewel die lone elektronies verklaar word, moet rekord gehou word van die vorm wat voltooi is, aangesien dit een van die vorms is wat beskikbaar gestel moet word wanneer daar ‘n inspeksie plaasvind.

Bly ingeskakel op die Agri-uur want volgende Maandag praat Pietersen oor Artikel 83 wat handel oor die rekening wat aan die produsent uitgereik word.

www.workaccident.co.za

support@workaccident.co.za

064 360 2638

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.