On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Suid-Afrika verklaar dispuut teen EU se nuwe sitrusregulasies

───   15:10 Fri, 29 Jul 2022

Suid-Afrika verklaar dispuut teen EU se nuwe sitrusregulasies | News Article

Die Suid-Afrikaanse regering het 'n dispuut verklaar by die Wêreldhandelsorganisasie oor die Europese Unie (EU) se nuwe reëls oor sitrus wat vanuit Suid-Afrika ingevoer word.

Die uitvoerende hoof van Agri SA, Christo van der Rheede, sê hulle verwelkom die ingryping omdat die reëls onregverdig is. Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging het bevestig dat 'n versoek ingedien is om met die EU te konsulteer. 

Die versoek gaan oor die fitosanitêre maatreëls wat die EU sedert middel Julie afdwing op alle sitrus vanuit Suid-Afrika, kwansuins as maatreël teen die besmeting van valskodlingmot. 

LEES OOK: Suid-Afrikaanse sitrusbedryf deur nuwe EU-regulasies bedreig

Die maatreëls behels langer verkoeling van lemoene vanuit Suid-Afrika, terwyl die Sitruskwekersvereniging aanvoer dat die EU se jongste reëls geen wetenskaplike grond het nie en skadelik vir die bedryf is. Volgens die vereniging raak dit ook die gehalte van lemoene negatief. 

Minstens 3,2 miljoen kartonne sitrus ter waarde van meer as R600 miljoen was reeds per skip onderweg na Europese markte toe die maatreëls ingestel is, het die uitvoerende hoof van die sitruskwekersvereniging, Justin Chadwick, aangekondig. 

Hy sê die reëls het 'n negatiewe impak op die bedryf en bedreig tans minstens 140 000 werksgeleenthede. 

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.