On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Kontantgewas-boere moet op die uitkyk wees vir palmer amarant

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 23 Feb 2022

Kontantgewas-boere moet op die uitkyk wees vir palmer amarant | News Article
Foto: Farmer's Weekly

Die palmer amarant-onkruid, wat baie aggressief groei en tot 600 000 sade op ‘n slag kan produseer, mag dalk sy wortels op ‘n plaas in die Vrystaat gevestig het.

Dr. Gerhard Verdoorn van CropLife Suid-Afrika, sê ondersoeke word egter nog ingestel om te bevestig of dit wel die palmer amarant-onkruid is. 

Sien onderstaande PODCAST

Hy maan kontantgewas-boere aan om in hulle landerye ondersoek in te stel en kyk of daar dalk enige tekens van die plant is.

Verder is daar in hierdie stadium volgens Verdoorn baie sterk gronde om te glo dat die palmer amarant-plant, wat vanuit Amerika afkomstig is, redelik maklik kan verbaster met die inheemse palmer amarant-plantspesies - die gewonde misbredie. Wanneer dit gebeur, dra die onkruid sy weerstand vir onkruiddoders oor na hierdie inheemse plante.

LEES: Sentraal SA produsente gewaarsku teen onkruid 

OFM-nuus het voorheen berig dat die palmer amarant-plant in 2018 op ‘n plaas in die omgewing van Douglas in die Noord-Kaap ontdek is. Dié ontdekking is gemaak omdat boere soos gewoonlik die onkruid probeer beheer het met glifosaat en het agtergekom dat die glifosaat, en selfs ander onkruiddoders, nie die plant kon vernietig nie.

Die saad van hierdie onkruid kan op verskeie maniere van plaas na plaas versprei word, soos deur middel van voertuie se wiele en selfs wanneer boere voer aankoop en na sy plaas toe bring vir die diere om te eet. Verdoorn verduidelik dat die dier dan die saad, wat geïdentifiseer kan word deur sy doringagtige voorkoms, saam met die res van die voer eet, en dis waar die naam misbredie ook vandaan kom.

Die palmer amarant kan tot so hoog soos 3 tot 4 meter groei en maak stamme van 15cm dik.

Indien produsente ‘n vermoede het dat palmer amarant op hulle plase groei, kan hulle ‘n foto van die plant neem en dit na CropLife Suid-Afrika se WhatsApp noodnommer stuur - 082 446 8946.

Verdoorn versoek ook dat die produsent die plaas se naam en sy epos-adres saam met die foto stuur. Hy sal dan ook ‘n uitwissingsplan en identifikasiegids na die boer stuur en sal ook die plantwetenskaplikes in kennis stel hiervan om uit te gaan na die plaas om te kyk of dit wel palmer amarant is.



OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.