On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: SA se beste vroulike landbou-entrepreneur binnekort aangewys

───   14:41 Thu, 22 Aug 2019

Landbounuus-podcast: SA se beste vroulike landbou-entrepreneur binnekort aangewys | News Article

Die nasionale kompetisie vir Suid-Afrika se beste vroulike landbou-entrepreneurs is om die draai.


Die nasionale kompetisie vir Suid-Afrika se beste vroulike landbou-entrepreneurs is om die draai. Mieta Mpholo, van die Mmokeng wa Maqheku nie-winsgewende organisasie, 'n gemengde boer van die Sasolburg-distrik, wat haar hoofsaaklik op haar groenteboerdery toespits, was die algehele wenner in die Vrystaat. Sy sal eersdaags teen die ander provinsiale wenners in die kompetisie meeding. Wa Maqheku sê hoewel sy 'n suksesvolle boerdery het, maak sy min wins, omdat sy daagliks gratis groente aan bejaardes en behoeftiges in haar gebied verskaf. Mpholo beplan om haar boerdery, wat sy al 15 jaar besit, verder uit te brei deur haar veekomponent te laat groei en meer werktuie soos 'n trekker aan te koop. Sy het die grond waarop sy boer oorspronklik by die munisipaliteit ontvang en is positief oor haar kanse om met die louere op die nasionale kompetisie, wat eerskomende Donderdag in Kaapstad plaasvind, weg te stap.  

Die polisie in die Welkom-gebied het die afgelope jaar al sukses behaal met betrekking tot veediefstalvoorvalle, wat tot inhegtenisnemings gelei het. In die mees onlangse voorval, is vyf vermeende veediewe, wat beweerde gesteelde skaapkarkasse vervoer het, tussen Steynsrus en Senekal aangekeer. 'n Polisiewoordvoerder in die Vrystaat, Stephen Thakeng, sê die verdagtes, waaronder 'n 69-jarige man, kon nie voldoende bewyse lewer dat dié karkasse aan hulle behoort het nie. Hy sê dit is daarom noodsaaklik dat mense wat lewende hawe en vleis vervoer oor die nodige dokumentasie beskik as bewysstukke dat dit aan hulle behoort. Hy sê 'n betaalstrokie met die nodige inligting kan ook as 'n voldoende bewys dien. Volgens Thakeng werk die polisie in die Welkom- gebied onverpoos in sy poging om veediefstal te bekamp. Thakeng vra boere om ook gereeld hul vee te tel en om hul diere te brandmerk. Klagte van veediefstal moet ook by die polisie aangemeld word.  
 
EN

Leierboere en betrokkenes in die landboubedryf wat die Graan Akademie se leierskapsontwikkelingsprogram, aangebied deur Syngenta, Graan SA en die Universiteit van die Vrystaat (UV), die afgelope sewe jaar suksesvol voltooi het, was onlangs vir 'n reünie byeen. Ben Schoonwinkel, Syngenta se hoof van bemarking, sê dié program rus jong leiers in die landboubedryf toe met die nodige vaardighede om uitdagings aan te spreek. Hy sê meer as die helfte van die 140 alumni het dié geleentheid bygewoon om sterker bande te smee en by mekaar te leer.



OFM-nuus/Christal-Lize Muller en Vernon Baumann

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.