On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agriculture

PODCAST: Agri-nuus @ 13:30

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:09 Wed, 19 Sep 2018

PODCAST: Agri-nuus @ 13:30 | News Article
Photo: Supplied

Huldeblyke stroom in op sosiale media vir 'n matriekleerling aan die Hoërskool Reitz wat in 'n Gautengse hospitaal dood is.


Die 18-jarige Dian Terblanche is vroeër vandeesmaand in 'n veldbrand buite Reits beseer. Hy en sy pa Dieter het die vlamme probeer blus. Terblanche is per lugambulans na die Milpark-hospitaal in Johannesburg vervoer. Hy het brandwonde oor 85% van sy lyf opgedoen. Sy arm is ook geamputeer. Op Dian se ma, Riana, se Facebook-blad word hy beskryf as 'n geliefde seun wat onthou sal word vir sy passie in sy sport en alles wat hy gedoen het. Die Hoërskool Reitz, waar Riana 'n onderwyser-res is, was nie onmiddelik beskikbaar vir kommentaar nie.

EN

Boere en veral kleinboere in die Tweeling-gebied wat onder 'n verwoestende veldbrand deurgeloop het hoop nou op goeie reën sodat hul weiveld kan herstel. 'n Wegholveldbrand het die naweek duisende hektare natuurlike veld in die gebied verwoes. Volgens Agri SA se president, Dan Kriek, het die brand Sondag en Maandag weer opgevlam, maar is deur 'n groot getal lede van die plaaslike brandbestrydingsvereniging geblus. Hy sê sover bekend is geen brandbestryders in die brand beseer nie. 'n Plaaslike boer en sy vrou se bakkie het wel omgeslaan toe hy sy beeste wou red.

Daarmee saam is groot skade aan infrastruktuur op plase aangerig.

Kriek, wat ook in dié gebied boer, sê die brand is Saterdag vermoedelik deur 'n trein se diesellokomotief veroorsaak. Volgens hom het die brand teen 'n treinspoor ontstaan, waarna die vlamme deur 'n sterk westewind aangeblaas is. Die brand het Sondag en Maandag weer opgevlam, maar is later deur 'n groot getal lede van die plaaslike brandbestrydingsvereniging geblus. OFM-nuus verneem intussen dat dit gaan onder omstandighede goed met Bertus Nel en sy vrou wat in die hospitaal opgeneem is.

EN

Veeboere moet hul diere met die winter wat nou agter die rug is vroegtydig teen siektes in ent. Die bekende veearts en bestuurder van die Herkouerveterinêre Vereniging van Suid-Afrika oftewel (Ruvasa), dr. Faffa Malan, boere moet vereal let op siektes wat veral deur insekte en bosluise oorgedra word.

Malan sê boere moet let op dié gifplante, wanneer hulle hul diere in nuwe weikampe laat wei. Boere kan groot skade ly as hulle nie die inkbessie (Cestrum) en tulpe wat deur diere gevreet word, vroegtydig uitroei nie. Hy beklemtoon opnuut dat dit ook noodsaaklik is om vee teen onder meer slenkdalkoors, perdesiekte, knopvelsiekte en drie-dae-stywesiekte in te ent.

Hy sê boere wat nog nie die nodige entstowwe bekom het nie moet nou vinnig werk maak daarvan en bestellings by hul onderskeie landboukoöperasies plaas.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.