On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

PODCAST: Agri-nuus @ 11:00

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:21 Wed, 19 Sep 2018

PODCAST: Agri-nuus @ 11:00 | News Article
Photo: Supplied

Veeboere word nou aangeraai om hul diere vroegtydig teen siektes in te ent, voor die reënseisoen begin.


Die bestuurder van die Herkouerveterinêre Vereniging van Suid-Afrika oftewel (Ruvasa), Faffa Malan, sê dit is nou noodsaaklik om vee teen onder meer slenkdalkoors, perdesiekte, knopvelsiekte en drie-dae-stywesiekte in te ent. Hy sê boere moet let op siektes wat deur insekte en bosluise oorgedra word, en vroegtydig by hul onderskeie landboukoöperasies bestellings plaas.

'n Wegholveldbrand het die naweek duisende hektare weiveld verwoes, terwyl skade aan infrastruktuur op plase in die Tweeling-gebied aangerig is. Agri SA se president, Dan Kriek, wat ook in dié gebied boer, sê die brand is Saterdag vermoedelik deur 'n trein se diesellokomotief veroorsaak. Volgens hom het die brand teen 'n treinspoor ontstaan, waarna die vlamme deur 'n sterk westewind aangeblaas is. Kriek sê die brand het weer Maandag opgevlam en na die Roadside-gebied versprei. Hy sê daar is aanbieding vir hulp in die vorm van veevoer, terwyl verskeie boere ook weiding aanbied aan dié boere wie se weivelde in die brand verwoes is. Boere in die gebied is nog in die proses om te bepaal wat die omvang van die skade op hul plase is.

EN

Daar is vanjaar groot belangstelling in die African Livestock Trade Fair, Alfa 2018, wat tans by die Afridome in Parys in die Vrystaat plaasvind. Dit is die derde jaar dat dié gewilde vee-ekspo, wat lewende hawe uitstallings, kompetisies, verskeie werksessies en demonstrasies insluit, plaasvind. 'n Organiseerder, Albert Loubser, sê meer mense het Dinsdag, op die eerste dag, die ekspo besoek as die getal besoekers wat dit verlede jaar oor twee dae bygewoon het. Die ekspo eindig Donderdag.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.