On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Verdagte vas weens ongeslypte diamante

───   HEIDRÈ MALGAS 09:35 Sat, 06 Aug 2022

Verdagte vas weens ongeslypte diamante  | News Article
FOTO: Verskaf.

'n 43-jarige verdagte, Lucky Masilo van Noordwes, het in die hof verskyn nadat hy aangekeer is terwyl hy glo ongeslypte diamante wou verkoop.

Valke-woordvoerder in die provinsie, Tlangelani Rikhotso, sê die saak is tot komende Woensdag (10 Augustus, 2022) uitgestel vir ‘n formele borgtogverhoor.

Sy het verder bygevoeg dat die span inligting opgevolg het rakende die verdagte, wat na bewering op soek was na 'n koper vir ongeslypte diamante ter waarde van R50 000.

“Die verdagte is toe in hegtenis geneem by ‘n Mahikeng-winkelsentrum nadat hy 'n afbetaling van R10 000 ontvang het, en na bewering in besit van 11 ongeslypte diamante betrap is,” sê sy.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.