On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Central SA

SANParke open eerste aanlyn besprekingskantoor

───   08:28 Sat, 06 Aug 2022

SANParke open eerste aanlyn besprekingskantoor  | News Article

Die waarnemende uitvoerende hoof van Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANparke), Hapiloe Sello, het hul eerste aanlyn-besprekingskantoor geopen; en terselfdertyd ’n vennootskap aangekondig waarby studente kan baat.

Sello sê die vennootskap met Varsity Vibe kom op 'n tyd wat die toerismebedryf hard werk aan nuwe idees om besoekers na hul onderskeie fasiliteite regoor die land te lok.

In die Noord-Kaap het die LUR vir Toerisme en Ekonomiese Ontwikkeling, Abraham Vosloo, inwoners aangemoedig om die natuurskoon van parke - soos die Augrabies Nasionale Park asook die Kgalagadi Oorgrenspark - te besigtig.

Varsity Vibe is Suid-Afrika se eerste afslag-app waar studente afslag kry op verskeie produkte, insluitend wegneemetes.

Die vennootskap tussen Sanparke en Varsity Vibe bied afslag aan studente op geriewe soos verblyf, kampering, en ander aktiwiteite wat in die land se Parke aangebied word.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.