On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Departement bekommerd oor bestuurslisensies

───   16:00 Thu, 04 Aug 2022

Departement bekommerd oor bestuurslisensies | News Article

Die Departement van Vervoer, Veiligheid en Skakeling in die Noord-Kaap, sê hulle neem met kommer kennis van meer as 10 000 motoriste in Kimberley wat tans sonder geldige rybewyse bestuur omdat hulle nie hul rybewyse by verkeerskantore afhaal nie.

Renny Andrias, die Departement se woordvoerder, sê in die Gasegonyane munisipale regsgebied by Kuruman is 3 300 lisensies nie afgehaal nie, terwyl die Dawid Kruiper-munisipaliteit 4 136 motoriste het wat onwettig bestuur.

In die Kai Garib munisipaliteit is 1 220 lisensies nie afgehaal nie.

Die departement sê meer as 200 verkeersbeamptes is gereed om op te tree deur boetes uit te reik en mense in hegtenis te neem.

Andrias sê verkeerskantore regoor die provinsie is gereed om hulp te verleen met die invordering van lisensies met die departement se sosiale media platform wat ook antwoorde sal kan verskaf waar mense klagtes by verkeerskantore ervaar.

Hy sê om 'n voertuig sonder 'n geldige rybewys te bestuur kan nadelige gevolge vir enige motoris inhou; daarom moedig die departement motoriste aan om hul lisensies af te haal.

OFM-nuus/Roderick Ritus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.