On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Meer geld in Namibiese produsente se sakke vir lewende hawe as in Suid-Afrika

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:19 Thu, 26 Mar 2020

 Meer geld in Namibiese produsente se sakke vir lewende hawe as in Suid-Afrika | News Article

‘n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, bespreek weekliks op 'n Donderdag die veilingspryse wat op lewende hawe veilings behaal is.


Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen...


Sien onderstaande PODCAST

 

Dit is interessant om die veilingsprys van lewende hawe in Namibië met die prys in Suid-Afrika te vergelyk. Hy sê in dié buurland ontvang produsente R47 per kg vir alle klasse vee aan die haak, wat baie meer is as die prys vir alle klasse vee in Suid-Afrika. Dit kan toegeskryf word aan Namibië se naspeurbaarheidstelsel, wat dit vir dié land moontlik maak om na Europa uit te voer. Speenkalwers onder 200kg het teen R35,01 per kg verkoop, speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R31,84 en speenkalwers oor 250kg het teen R28,14 per kg verkoop.

 Ander veilingspryse vir beeste:  

A-klas beeste - R26,71 per kg

B-klas beeste - R22,02 per kg

Vet koeie     - R21,78 per kg

Maer koeie    - Tussen R17 en R18 per kg

Slagbulle     - R21 per kg

Skape: 

Stoorlammers  - R32,94 per kg

Slaglammers   - R31,67 per kg

Stoorskape    - R24,15 per kg

Vetskape      - R24,09 per kg

Bokke:

Lammers       - R34,79

Bokooie       - R27,20


Dit was Chris Derksen, 'n bekende in die veebedryf, met die jongste nuus in die vleisbedryf. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.


OFM-nuus



 




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.