On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

OVK-wolmarkverslag: Wolmark presteer beter as vorige nasionale veiling

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:02 Fri, 14 Feb 2020

OVK-wolmarkverslag: Wolmark presteer beter as vorige nasionale veiling | News Article

Dié wolmarkverslag word moontlik gemaak deur OVK. Besoek OVK se webblad by ovk.co.za vir spesiale promosies, inligting oor veilings, weeklikse graanverslae en vele meer. OVK - saam bereik ons meer.


Die bewuswording van standaarde in bykans alle industrieë oor die wêreld heen word ‘n groter werklikheid en dus ook in die veselbedryf. Volhoubaarheid en naspeurbaarheid is gonswoorde op almal se lippe en produsente sal ernstige oorweging moet skenk aan hierdie neiging. Dit ten einde internasionale mededinging in die toekoms te verseker. Só sê Heindrich Victor, bemarkinsbestuurder van vesel by OVK. Volgens hom vra verbruikers nie net meer nie, maar vereis dat die verskaffing van vesel vry van twyfelagtige praktyke moet wees.

Victor sê OVK is inderdaad gerat om produsente by te staan in die voldoening van standaarde en dus, die sertifisering van RWS (Responsible Wool Standards) en ook eersdaags RMS (Responsible Mohair Standards). Te midde van die Coronavirus-epidemie in China, reageer die wolmark tot op hede nog redelik stabiel, soos weer eens bewys is in die huidige markbeweging.

Hy sê die Suid-Afrikaanse wolmark het vandeesweek ietwat verbeter ten opsige van die vorige veiling met die Cape Wools-aanwyser wat met 0.4% en 65 punte hoër op die 19de wolveiling van dié seisoen verhandel het. Dit het teen 'n skoonprys van R178.06/kg gesluit. Die Australiese EMI het met 0.6% gedaal.

Die Rand het 0,8% swakker teen die VSA-dollar verhandel en 0.2% sterker teen die Euro, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling. Goeie gehalte merinovagwol en veral die fyner tipes, het goed presteer en gesorg vir gesonde mededinging onder kopers.

Daar was egter ‘n beperkte hoeveelheid korter tipes aangebied. Die grootste styging vandeesweek was 3,7%, n die 21.5 mikron segment.


Hier is Victor...


Sien onderstaande PODCAST


Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.