On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

RPO hoop vir beter rooivleispryse in 2020; ‘n einde aan bek-en-klouseer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:26 Mon, 06 Jan 2020

RPO hoop vir beter rooivleispryse in 2020; ‘n einde aan bek-en-klouseer  | News Article

Al was 2019 in alle opsigte ‘n uitdagende jaar vir die Suid-Afrikaanse landbougemeenskap in geheel, het reën in dele van die Vrystaat, wat onder erge droogte gebuk gegaan het, verligting gebring.


Daar is egter gebiede in dié provinsie en in ander provinsies soos die Noord-Kaap, wat steeds staatmaak op reën. Gielie Nieuwoudt, provinsiale voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in die Vrystaat, sê nóg ‘n uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo verlede jaar het ook ‘n groot invloed op rooivleisprodusente. Dié organisasie is egter hoopvol dat 2020 minder uitdagend gaan wees. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Nieuwoudt gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê daar is hoop dat opvolgreën gaan voorkom in gebiede waar dit goed gereën het. Daarmee saam moet die dalende prys van rooivleis in 2020 herstel en die situasie rondom die uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo moet ook opgelos word.

Nieuwoudt hoop Suid-Afrika kan sy bek-en-klouseer-vrye status vroeg vanjaar herwin, nadat die Internasionale Organisasie vir Dieregesondheid (OIE) dié land se status vroeg verlede jaar tydelik opgeskort het om aan vereistes, veral met betrekking tot gehalte versekering, te voldoen. Dit kom nadat ‘n uitbreking vroeg in Januarie verlede jaar in die Vhembe-distrik bevestig is. ‘n Tweede uitbreking op kommersiële plase in die Molemole-distrik is in November verlede jaar bevestig. Ná die eerste uitbreking van die dodelike virussiekte onder diere met gesplete hoewe het China later verlede jaar sy grense vir die invoer van Suid-Afrikaanse produkte oopgestel.

‘n Nasionale tydelike verbod is ook laat verlede jaar op die samekoms van spleethoewige diere van meer as een bron geplaas. Veilings, die skou van diere en diere wat byeengebring word vir spekulatiewe doeleindes word verbied.

Dit was Gielie Nieuwoudt, provinsiale voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in die Vrystaat.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.