On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

GWK kweek bewustheid oor boere se lot weens droogte

───   06:54 Tue, 10 Dec 2019

GWK kweek bewustheid oor boere se lot weens droogte | News Article

GWK, met sy hoofkantoor in die Noord-Kaap, spits hom toe om boere in dié droogtegeteisterde provinsie op verskeie gebiede te ondersteun en om bewustheid te kweek oor die uitdagings wat hulle op grondvlak het weens die droogte.


Een van dié agribesigheid se insisiatiewe is om gemeenskappe oor die land heen bewus te maak van die situasie waarin boere verkeer. Llwellyn Brooks, besturende direkteur van die GWK-groep, sê die insiatief, “Net ‘n Druppel,” wat verlede week in samewerking met Agri SA en Agri Noord-Kaap aangebied is, is juis hierop gemik. As deel van dié inisiatief het die media die geleentheid gekry om boere in die Griekwastad en Van Wyksvlei distrikte op hul plase te besoek.

OFM-nuus se Blaine Jones was deel van die mediatoer en het met Brooks gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Volgens Brooks is boere belangrik vir dié organisasie se bestaansreg en daarom wil GWK terugploeg in landbougemeenskappe.  Hy sê GWK is betrokke by verskeie inisiatiewe om boere te ondersteun en dit sluit onder meer die “Net ‘n Druppel”-inisiatief in, asook verskeie spesiale aanbiedinge vir boere by GWK se onderskeie handelstakke. Dit is ‘n vorm van hulp aan boere in die ekonomiese uitdagende tye, sê hy.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

OFM-nuus/Blaine Jones




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.