On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Meesterplan vir pluimveebedryf word uit verskeie oorde verwelkom

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:45 Mon, 11 Nov 2019

Meesterplan vir pluimveebedryf word uit verskeie oorde verwelkom | News Article

Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging is positief oor 'n nuwe meesterplan vir die pluimveebedryf, wat die Minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Ebrahim Patel, op Cyril Ramaphosa se onlangse beleggingskonferensie in Sandton aangekondig het.


Die vereniging se hoofbestuurder, Izaak Breitenbach, sê alle betrokkenes, insluitende produsente, invoerders en vakbonde, sowel as die regering se strategiese insette, was van groot belang en danksy Patel en die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, is daar vir die eerste keer 'n bloudruk om die bedryf vorentoe te neem. Hy sê dié plan kom op die regte tyd nadat die pluimveebedryf die afgelope tien jaar swaargekry en gekrimp het.

'n Omvattende ooreenkoms is met dié plan bereik om die bedryf te bevorder. 'n Paar komponente van dié meesterplan sluit in die bevordering van plaaslike produksie met die fokus op die verhoging van die plaaslike verbruik van hoenderprodukte. Daarmee saam gaan hoender na Afrika-lande, die Midde Ooste en die Europese Unie (EU) uitgevoer word.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Breitenbach gepraat....


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Izaak Breitenbach, hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging, slegs op Before Dawn. Skakel Dinsdagoggend in wanneer Breitenbach weer praat oor plaaslike verbruik van produkte en die rol wat verbruikers kan speel veral met Kerstyd wat nader kom.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus





Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.