On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Kroonstad-boer het weer vertroue in die mensdom ná veldbrand-ervaring

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:34 Wed, 02 Oct 2019

Kroonstad-boer het weer vertroue in die mensdom ná veldbrand-ervaring | News Article
FOTO: Argief

‘n Boer van Kroonstad in die Vrystaat, Mof Myburgh, se uitkyk op die lewe het verander nadat hy verlede jaar in ‘n wegholveldbrand naby sy plaas ernstige brandwonde opgedoen het.


Die 66-jarige Myburgh is op 6 September, dieselfde dag wat hy beseer is, in die Milpark-hospitaal in Johannesburg se brandeenheid opgeneem. Hy was vir 43 dae onder sedasie en is vir sowat drie maande in dié hospitaal se waakeenheid behandel. Myburgh het 40% brandwonde opgedoen, veral aan sy hande en elmboë. Die aard van sy brandwonde het gewissel van graad een tot vier.

In die laaste deel van Christal-Lize Muller van OFM-nuus se onderhoud met Myburgh, vertel hy dat hy sy vertroue in die mensdom weer teruggekry ná dié ervaring.

Myburgh glo ook ná sy ervaring dat niks in die lewe per toeval plaasvind nie.

Hier is Myburgh…


Sien onderstaande PODCAST


Dit was ‘n boer van Kroonstad, Mof Myburgh, wat verlede jaar ernstige brandwonde in ‘n veldbrand naby sy plaas opgedoen het.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

OFM-nuus



Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.