On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Vrede-suiwelprojek: VS-landbouhoof het nie Estina-bankrekening nagegaan

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:43 Thu, 22 Aug 2019

Vrede-suiwelprojek: VS-landbouhoof het nie Estina-bankrekening nagegaan | News Article
Peter Thabethe die voormalige hoof van die Vrystaatse landboudepartement

Die voormalige hoof van die Vrystaatse landboudepartement, Peter Thabethe, het in sy getuienis voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping erken hy het nie die bankrekening van die Gupta-maatskappy, Estina, nagegaan nie.


Hy het ook erken dat die ooreenkoms met Estina, sonder 'n uitvoerbaarheidstudie gesluit is. Dit kom nadat dié maatskappy R228 miljoen sou verskaf om 'n melkaanleg by die Vrede-melkplaas op te rig. Dít terwyl daar slegs R16 in dié maatskappy se bankkrekening was voordat die departement sy eerste betaling van R30 miljoen aan Estina gemaak het. Thabethe het probeer verduidelik dat die geld nie van Estina, maar deur Paras, 'n Indiese suiwelmaatskappy wat Estina se plaaslike vennoot was, verskaf sou word. Adv. Leah Gcabashe, ondervraer van dié kommissie, en adjunkhoofregter Raymond Zondo, het Thabethe met vrae gepeper. 

Hier is 'n opname van Thabethe se getuienis.


Sien aangehegte PODCAST...


PRESENTER OUTRO:  Dit was die getuienis van die voormalige hoof van die Vrystaatse landboudepartement, Peter Thabethe.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.