On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Offbeat

Nieu-Seelandse ram van kant gemaak ná dood van bejaarde egpaar

───   08:35 Fri, 19 Apr 2024

Nieu-Seelandse ram van kant gemaak ná dood van bejaarde egpaar | News Article
Die polisie sê ’n nadoodse ondersoek is uitgevoer en die resultate stem ooreen met ‘beserings wat ooreenstem met ’n aanval deur ’n dier’.

“Hulle was goeie mense en het nie iets soos dit verdien nie.”

Nieu-Seelandse polisie het ’n ram doodgeskiet wat vermoedelik vir die dood van ’n bejaarde egpaar verantwoordelik was.

Die egpaar, in hul 80’s, is deur ’n familielid dood gevind in ’n veekamp by hul huis in Waitakere, berig die New Zealand Herald. Hulle is geïdentifiseer as Alfred Helge Hansen (82) en Gaye Carole Hansen (81).

“Die polisie kan bevestig ’n ram was in die kamp toe ons in kennis gestel is,” sê hulle in ’n verklaring.

Die polisie het bevestig Alfred Helge Hansen (82) en Gaye Carole Hansen (81) is dood in die kamp aangetref. Foto: Stuff

Een ander ongeïdentifiseerde persoon het ’n ligte besering opgedoen nadat hy deur die ram in die kamp aangeval is, sê die polisie. “Toe ons by die toneel aankom, is die polisie ook deur die ram gekonfronteer en genader. Met ’n risikobepaling is die ram geskiet en hy is op die toneel dood.”

Die polisie het bevestig dat een van hul beamptes die aggressiewe skaap doodgeskiet het.

Die egpaar se broerskind Dean Burrell het gesê die slagoffers was in hul tagtigerjare en die voorval as ’n “tragiese ongeluk” beskryf, volgens Stuff, die plaaslike media. “Hulle was goeie mense en het nie so iets verdien nie.”

Die polisie sê hulle ondersoek die voorval. Hulle het Vrydag (19/4) ’n nadoodse ondersoek uitgevoer en gesê die uitslag strook met “beserings wat ooreenstem met ’n aanval deur ’n dier”.

Nieu-Seeland is die tuiste van sowat 5,26 miljoen mense en nagenoeg 25 miljoen skape.

OFM Nuus cg/mc

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.