On Now
Weekends 20:00 - 22:00
Sunday Night Nadine
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Een klik van rekenaarmuis en egpaar is geskei

───   15:11 Wed, 24 Apr 2024

Weird Wide Web – Een klik van rekenaarmuis en egpaar is geskei  | News Article

“Hulle is binne net 21 minute wettig geskei.”

Dit was ’n menselike fout, maar ’n ernstige fout. ’n Klerk by die regsfirma Vardags in Londen het in 2023 veroorsaak dat ’n egpaar geskei is nadat daar op die verkeerde lêer op ’n aanlynportaal geklik is. ’n Senior regter het onlangs geweier om dié egskeiding van die egpaar,net bekend as mnr. en mev. Williams, om te keer. Hulle was 21 jaar getroud gewees.

Die egpaar was nog in die proses om finansiële ooreenkomste vir hul egskeiding te reël toe die klerk die fout gemaak het – hulle is binne net 21 minute wettig geskei.  Alle pogings om die fout om te keer is deur die hof geweier omdat die openbare vertroue in ’n werklik finale egskeidingsbevel belangriker was.

"Daar is 'n sterk openbare beleidsbelang om die finale egskeidingsbevel te respekteer en die status quo daarvan te handhaaf," het sir Andrew McFarlane, die president van die gesinsafdeling, gesê.

Lees ook: Weird Wide Web – 'n Verandering aan Brittanje se klassieke vis en skyfies

Vardags het die fout twee dae nadat dit plaasgevind het besef, maar toe die hooggeregshof gevra is om die finale egskeidingsbevel te herroep, is die versoek geweier. Die firma het daarop aangedring dat sy werknemer per ongeluk die egpaar se lêer met ?’n eenvoudige klik gekies het.
"Soos baie soortgelyke aanlyn prosesse, kan 'n operateur dalk eers by die finale skerm kom waar die laaste klik van die muis gemaak word nadat hy deur 'n reeks vroeëre skerms gegaan het," het McFarlane gesê.

Ayesha Vardag is ’n bekende egskeidingsprokureur in Brittanje en het die regter se besluit as sleg beskryf. Sy voer aan dat ’n rekenaar toegelaat is om te sê:“ Nee, jy is geskei”.

“Wanneer 'n fout onder 'n hof se aandag gebring word en almal aanvaar dat 'n fout gemaak is, moet dit natuurlik ongedaan gemaak word,” sê Vardag. Sy voel nou bepaal die wet dat ’n egpaar kan skei deur ’n rekenaar.

Lees meer

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.