On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Kunsmatige intelligensie skep nuwe koffiemengsel

───   15:18 Tue, 23 Apr 2024

Weird Wide Web – Kunsmatige intelligensie skep nuwe koffiemengsel  | News Article
Foto: apnews.com

“Ons het basiese beskrywings van al ons koffiesoorte en hul geure aan KI gegee met die opdrag om ’n nuwe opwindende mengsel te maak.”

Die maatskappy Kaffa Roastery het sy AI-conic-mengsel in Helsinki, Finland, bekendgestel. Finland met ’n bevolking van 5,6 miljoen mense drink die meeste koffie ter wêreld. Dit is jaarliks sowat 12 kg koffie per capita.Kunsmatige intelligensie (KI) het vier soorte koffiebone gekies wat deur Brasilië se Fazenda Pinhal oorheers word. Dit is ’n gesamentlike projek deur Kaffa, Finland se derde grootste koffiemaatskappy, en die plaaslike KI-konsultant Elev. “Deur modelle soortgelyk aan ChatGPT en Copilot te gebruik, het die KI die taak gehad om ’n mengsel te maak wat ideaal sal pas by koffieliefhebbers se smaak,” sê Elev.

Lees ook: Weird Wide Web – Wanneer ’n vis die deurklokkie lui

Svante Hampf, Kaffa Roastery se besturende direkteur en stigter, het Saterdag aan Associated Press gesê die twee vennote wou toets hoe KI behulpsaam kan wees in die rooster van koffiebone. “Ons het basiese beskrywings van al ons koffiesoorte en hul geure aan KI gegee met die opdrag om ’n nuwe opwindende mengsel te maak.” Die AI-conic-mengsel is op die Helsinki-koffiefees bekendgestel.

Lees ook: Weird Wide Web – ’n Europese streek vra ekstra 2 uur in hul dag

Koffiebone van Brasilië, Colombia, Ethiopië en Guatemala is gebruik en dit word beskou as ’n goed gebalanseerde mengsel met ’n tikkie soetheid en smaak van ryp vrugte. Hampf sê dit was ’n verrassing dat KI vier verskillende koffiebone gebruik het. Gewoonlik word net twee of drie gebruik om onderskeid te tref tussen smaak, geur en die oorsprong van die koffiebone.

Koffiekenners is dit eens dat geen menslike ingryping nodig is om die KI-mengsel te verander nie. Antti Merilehto, Elev se woordvoerder, sê KI is ’n tasbare voorbeeld van hoe KI nuwe perspektiewe aan ervare professionele persone kan bekendstel, terwyl dit aan koffieliefhebbers nuwe smaakervarings bied.

Lees meer mvh /dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.