On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Wydverspreide en erge ryp nog nie verwag

───   20:08 Thu, 11 Apr 2024

Wydverspreide en erge ryp nog nie verwag | News Article
Foto: Getty Images

Wydverspreide of erge ryp word nie oor die volgende twee weke verwag nie.

Luidens AgriSeker se Cumulus-verslag word geïsoleerde tot verspreide donderbuie van die naweek af oor die sentrale tot oostelike dele van die land verwag wat teen die middel van volgende week stadig noordwaarts na die noordoostelike dele sal beweeg.

Groot dele van die somergraanproduksiestreek kan tussen 30 en 75 mm reën gedurende die tydperk ontvang, wat dit die tweede week in ’n ry maak met bogemiddelde reënval oor hierdie gebiede.

Weervoorspellings dui op ’n voortsetting van grootskaalse sirkulasiepatrone wat reënval oor die somerreënvalstreek sal ondersteun.

Reënval tot dusver vanjaar gemeet. Grafieka: LNR

Daar sal ’n gepaardgaande neiging vir meer bolugstelsels in die weste oor die land beweeg met meer buie en donderbuie wat gedurende die volgende paar weke oor die binneland verwag word.

Terwyl sulke bolugstelsels met kouefronte geassosieer word, is daar tans geen aanduidings dat erge koue of wydverspreide ryp verwag word nie.

Intussen meen die landbousakekamer Agbiz se hoofekonoom, Wandile Sihlobo, dat produksietoestande in winterreënvalstreke onseker is, wat aanplanting in die 2024/25-seisoen negatief kan beïnvloed.

Boere in die Wes-Kaap sal waarskynlik teen einde April tot Mei begin om die grond vir die 2024/25 wintergewasproduksieseisoen voor te berei. Ander groot provinsies wat wintergewasse produseer, soos die Vrystaat, Limpopo en die Noord-Kaap, sal waarskynlik teen einde Mei begin.

Die produksie van wintergewasse buite die Wes-Kaap het aansienlike besproeiingsondersteuning. Hierdie streke behoort voordeel te trek uit die relatief hoër damvlakke ná die vroeë somerreënval.

OFM Agri/mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.