On Now
Weekends 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: 00:00 - 05:00 Early Mornings with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Wees beter voorbereid op veldbrande

───   05:00 Wed, 24 Apr 2024

Wees beter voorbereid op veldbrande | News Article
Foto: Getty Images

“Hoe vroeër voorbereiding vir die brandseisoen gedoen kan word, hoe beter.”

Johan Breytenbach van Mangung Fire Protection Association (MAFPA) sê hoewel daar sekere tye van die jaar meer brande is, het dit baie met omstandighede te doen.

“Soos ons almal ervaar het, het ons het al bietjie brandseisoen gehad hier van die einde Januarie, Februarie en Maart in groot gedeeltes weens die heersende omstandighede – bitter droog, bitter warm. Die brandbare materiaal was beskikbaar gewees en ons het veral gesukkel met weerligbrande.”

Brandvoorbereiding moet getref word nie net om jou eiendom te beskerm nie, maar dit is ook die wet.

“In die eerste plek is dit ’n baie hoë risiko wat jy loop in terme van fisiese goed wat kan gebeur as ’n brand kom. Die tweede is dat die nasionale veld- en bosbrandwet vereis dat ’n mens aan sekere proaktiewe vereistes moet voldoen.”

Grondeienaars moet sorg dat hulle die nodige opgeleide personeel en toerusting beskikbaar het om op te tree sou daar ’n veldbrand op hul grond ontstaan, of daarheen versprei.

Redes waarom brandbane belangrik is:

  • Om te keer dat vuur versprei.
  • Dit vorm beheerlyne vir teenbrande.
  • Dit bied ankerpunte om die omgewing in geografiese blokke op te deel.
  • Dit bied toegang na ’n brand.
  • En ook ’n ontsnaproete waarmee mense en diere weg van die gevaar gelei kan word.

Hy sê grondeienaars het ’n wetlike verpligting om brande te rapporteer.

“Een van ons grootste probleme is dat mense ’n plaaslike verwysing gebruik wat nie vir iemand van buite die gebied sin maak nie. Hoe meer duidelike inligting gegee word oor waar ’n brand is, hoe vinniger kan hulp daar kom en hoe makliker is dit om logistieke reëlings te tref.”

OFM Agri/Johan Gunter dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.