On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Bloemskou-landbouprogram bars uit sy nate

───   09:00 Mon, 08 Apr 2024

Sponsored09:00 Mon, 08 Apr 2024
Bloemskou-landbouprogram bars uit sy nate | News Article
Die skou is ook die trotse gasheer van 21 landboukampioenskappe, waarvan 14 op nasionale vlak is en met meer as 6 000 vee wat meeding.

Met meer as 100 000 besoekers is die jaarlikse Bloemskou een van slegs twee skoue in die land wat kommersiële aktiwiteite en landbou suksesvol kombineer.

“Ons is ongelooflik bevoorreg om die grootste platform te wees vir die aanbied van stoetveekampioenskappe,” vertel Elmarie Prinsloo, hoof- uitvoerende beampte van Bloemskou wat 25 April to 4 Mei plaasvind.

Bloemskou is die gasheer van die grootste opelug Saalperdskou ter wêreld, met net minder as 1000 perde en verskeie verteenwoordigers van die VSA. Die skou is ook die trotse gasheer van 21 landboukampioenskappe, waarvan 14 op nasionale vlak is en met meer as 6 000 vee wat meeding.

“Ons het ’n ongelooflike invloei van telers en deelnemers van regoor die hele land. Daar is ook ’n groot invloei van internasionale besoekers by ons dorpers. Met ons witdorper wêreldskou is daar ook ’n hele bus internasionale besoekers wat die skou gaan besoek. Dis ook vir ons ’n wonderlike voorreg vir die ekonomiese inspuiting wat die jaarlikse skou vir Bloemfontein inhou,” sê Prinsloo.

Sedert Bloemskou in 1883 gestig is, het dit ’n suksesvolle prestasierekord vir meer as 140 jaar. So meer as 350 uitstallers, ’n kombinasie van vermaak, die grootste kreatiewe kunsvlyt-afdeling in die land, 'n suiwelprodukskou, opwindende Pretkermis en die beste stoettelers wat in die landbou-afdeling meeding.

Die Suiwelafdeling lok ook inskrywings van regoor die land en van alle nasionale handelsmerke, waar hulle meeding met koei-, bok- en skaapmelkprodukte.


cg


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.