On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Namibiese vee-invoer na Suid-Afrika: feite en uitdagings

───   ROBYN SCHUTTE 05:00 Thu, 04 Apr 2024

Namibiese vee-invoer na Suid-Afrika: feite en uitdagings | News Article
Daar word dikwels gekyk na die invoer van lewende diere vanuit Namibië as ’n moontlike oorsaak van die prysdruk. FOTO: iStock

Daar word dikwels gekyk na die invoer van lewende diere vanuit Namibië as ’n moontlike oorsaak van die prysdruk.

Veepryse in Suid-Afrika bied tans uitdagings, met dalings wat produsente onder druk plaas. Hierdie situasie het veroorsaak dat daar wydverspreide spekulasie en beskuldigings is teenoor onder meer Namibië as die oorsaak van hierdie prysdruk.

Uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie (RPO), dr. Frikkie Maré, voer egter aan dat hierdie beskuldigings dalk nie gegrond is nie.

“As ’n mens gaan kyk na die situasie van Namibiese invoer, moet ons eerstens vir mekaar sê dat Namibië nog altyd deel van ons mark was. Ons het ’n vrye handelsooreenkoms met hulle en hulle kan dus diere na ons toe uitvoer. Dit is Suid-Afrikaanse invoerders wat hierdie diere uit Namibië bestel of aankoop, en dis hoe die diere dan na ons toe kom.

“Ons moet dalk begin by die feit dat ons tans in ’n baie moeilike plek is wat veepryse aanbetref,” sê Maré. “Die pryse is nie na wense vir produsente nie. Hulle is onder geweldige druk.”

Hy beklemtoon verder dat die uitwerking van hierdie invoer op die Suid-Afrikaanse mark baie klein is. “Vir Suid-Afrika is dit ’n baie positiewe ding aangesien die handelsbalans dan positief is en dit beteken dus dat ons inderwaarheid eintlik geld maak uit Namibië.”

Maré beklemtoon die belang van ’n objektiewe blik op die situasie en die inagneming van die volledige prentjie. “Indien ons na beleidsbesluite gaan kyk, word dit gemaak om die ekonomie te beskerm. Op hierdie stadium sien ons dat invoer nie werklik die pryse beïnvloed nie. Die regering gaan bloot terugkap en sê in die groter prentjie bly dit ’n baie winsgewende ooreenkoms vir Suid-Afrika.”

Dit blyk duidelik dat die situasie ’n komplekse een is, en ’n gesonde begrip van die ekonomiese dinamika en handelsverhoudings tussen Suid-Afrika en Namibië is nodig om ’n effektiewe oplossing te vind vir die uitdagings wat produsente tans ervaar.

OFM Agriculture cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.