On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Maak só as jy nie meer lone kan bekostig

───   07:06 Mon, 01 Apr 2024

Maak só as jy nie meer lone kan bekostig | News Article
Foto: LinkedIn/Gordon Mackenzie

Vir talle Suid-Afrikaanse besighede is die druk om werknemers te behou en terselfdertyd finansiële stabiliteit te handhaaf, ’n daaglikse uitdaging.

Potchefstroomse regskenner, Hans-Jurie Moolman, bespreek die praktiese implikasies van die Wet op Arbeidsverhoudinge en die voorgeskrewe minimumloon.

Volgens Moolman is die moontlikheid om werknemers af te lê een van die primêre stappe vir ’n werkgewer om finansiële uitdagings aan te spreek. Hierdie stap vereis egter ’n noukeurige proses wat deur die Wet op Arbeidsverhoudinge voorgeskryf  word. Dit sluit in kommunikasie met werknemers en die bewys van bona fide-bedoelings en oorwegings voordat ’n finale besluit geneem word.

Die tweede moontlike uitweg is om aansoek te doen om ’n verminderde betaling as minimumloon aan te bied. Moolman waarsku egter dat hierdie uitweg ’n beperkte oplossing bied. Die departement stel streng vereistes voordat ’n werkgewer toestemming kan kry. Die maksimum vermindering is ongeveer 10% en kan slegs vir ’n beperkte tydperk van 12 maande toegeken word.

Moolman beklemtoon dat hoewel die behoud van werknemers ’n prioriteit is, dit nie altyd moontlik is om salarisse onbeperk te betaal nie, veral as dit die besigheid se voortbestaan bedreig. Hierdie uitdagings, veral in ’n tyd van hoë werkloosheid, vereis deeglike kundige advies en ondersteuning om regverdige en wettige besluite te verseker.

OFM Agri cvdw

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.