On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Podcasts

Landbounuus-bulletin 13:30 5 Maart

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:11 Tue, 05 Mar 2019

Landbounuus-bulletin 13:30 5 Maart | News Article

Dit gons in landboukringe oor die nuwe Suider-Afrika Agri-inisiatief, oftewel Saai, wat verlede week bekendgestel is.

Dié landbouorganisasie word deur verskeie mense verwelkom, terwyl talle nog skepties daaroor is.  Dr. Theo de Jager, voorsitter van die Saai-direksie, sê Saai is nie 'n landbou-unie en federasie nie. Daar is geen plaaslike strukture soos ander landbou-organisasies nie. 

Hy sê dié organisasie se lede skakel direk by die nasionale struktuur in, wat weer om die beurt inskakel by 'n netwerk. Hy sê AfriForum is 'n belangrike skakel in die netwerk. 

EN

TLU SA sê hulle enigste doel is om Suid-Afrikaanse kommersiële boere veilig en volhoubaar op grond te hou. Dié organisasie se hoofbestuurder, Benny van Zyl, sê boere kan burgeregte-inisiatiewe ondersteun, maar die ondersteuning van georganiseerde landbou is 'n moet. 

Dit kom nadat die Suider-Afrika Agri Inisiatief, oftewel Saai, onlangs op die been gebring is. Dié organisasie verbind hom daartoe om familieboerderye in die primêre produksiebedryf te beskerm en te bevorder. 

Van Zyl sê TLU SA het talle gesprekke vooraf met Theo de Jager, nou voorsitter van die Saai-direksie, gehad. Dit was onsuksesvol en die werklikheid daarvan dat Saai gestig is moet nou bestuur word. Volgens hom is TLU SA 'n sterk organisasie, wat boereverenigings en distrikslandbou-unies op grondvlak insluit.     

Hy sê TLU SA het verskeie invalshoeke en in dié verband gaan Saai nie die behoefte kan bevredig nie.  

EN

Die styging in die dieselterugbetaling wat deur die Minister van Finansies, Tito Mboweni, in sy begrotingsrede aangekondig is, is 'n ligpunt vir boere veral met die stygende brandstofprys. 

Die hoof van ekonomie en handel by Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid, dr. Requier Wait, sê die dieselterugbetaling wat van R3,22 per liter tot R3,33 per liter gestyg het, op 80% van die toegelate gebruik, is goeie nuus vir boere. 

Diesel, met 'n swaelinhoud van 0,05% styg van Woensdag af met 91 sent per liter, terwyl diesel met 'n swaelinhoud van 0.005% met 93 sent per liter styg. Hy sê diesel is 'n groot en belangrike landbou-inset vir boere in Suid-Afrika.

OFM Nuus





@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.