On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Podcasts

Landbounuus-podcast: Veiligheid van NAMPO Oesdag besoekers belangrik vir Graan SA

───   ELSABÉ RICHARD 13:48 Thu, 28 Apr 2022

Landbounuus-podcast: Veiligheid van NAMPO Oesdag besoekers belangrik vir Graan SA | News Article

Die veiligheid van besoekers, uitstallers en personeel is vir Graan SA belangrik gedurende vanjaar se NAMPO Oesdag, wat vanaf 16 tot 20 Mei op NAMPO Park in Bothaville gaan plaasvind.

Dit is volgens Pieter Taljaard, die hoof uitvoerende beampte van Graan SA. Taljaard sê dit is noodsaaklik om aan die Covid-19 regulasies, wat in plek gestel is deur die regering, te voldoen om te verhoed dat die virus nie by groot byeenkomste soos skoue versprei nie. Maar hy is hoopvol dat regulasies voor 16 Mei verslap sal word.

Bek-en-klouseertoetse gaan voort en plase waar gevalle van die virus vermoed word, word onder kwarantyn gelaas. Dit is volgens James Faber, die voorsitter van die Nasionale Rooivleisprodusente-organisasie.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewendehawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Derksen sê speenkalwers, onder 200kg, het teen R43,22 per kg verkoop, terwyl speenkalwers tussen 200kg en 250kg, teen R38,70, en speenkalwers oor 250kg, teen R36,40 per kg verkoop het.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.