On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Witmieliepryse bly vir nou hoog

───   08:54 Wed, 17 Apr 2024

Witmieliepryse bly vir nou hoog | News Article
Die pryse van witmielies gaan vir nou hoog bly. Foto: Getty Images

“Die prys van witmielies vir lewering in Julie het onlangs tot ’n rekordprys van R5 518 per ton gestyg.”

Dr. Johnny van der Merwe, landbou-ekonoom verbonde aan die Noordwes-Universiteit, meen die probleme in Afrika en moontlike tekort aan witmielies kan beteken dat witmieliepryse hoog bly. Geelmieliepryse behoort nie noemenswaardig te styg nie.

“Daar is nie veel nuwe nuus nou in die markte nie, veral as ons na die internasionale en plaaslike produksie se omstandighede kyk. Van die Amerikaanse boere het al begin plant, wat baie vroeg is.”

Hy sê dit lyk of daar meer aangeplant kan word hierdie seisoen as wat aanvanklik verwag is. Die Amerikaanse landboudepartment sal egter eers teen einde Mei weer die syfers aanpas.

Zimbabwe oorweeg om vir die eerste keer in ’n dekade mielies vanaf Brasilë in te voer. Bloomberg berig die El Niño-verskynsel het veroorsaak dat sowat 60% van dié land se mielies skade gely het. Minstens 20% van Suid-Afrika se mielies het ook droogteskade gekry.

Die El Niño-verskynsel het skade aan mielies in Brasilië aangerig. Foto: Vladimir Srajber. Pexels

Malawi, Zambië en Zimbabwe het vroeër vanjaar ramptoestande aangekondig. Die prys van witmielies vir lewering in Julie het onlangs tot ’n rekordprys van R5 518 per ton gestyg.

OFM Agri dg/mvh


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.