On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Leerders tops met skaapskeer en wolklassering

───   14:00 Mon, 08 Apr 2024

Leerders tops met skaapskeer en wolklassering | News Article
Deelnemers aan die kompetisie. Foto: Johan Gunter

Sowat 35 leerders het onlangs aan die Landbouskool Hendrik Potgieter op Reddersburg se skaapskeer- en wolklaskompetisie deelgeneem.

In die ervare klassers afdeling het Genevieve Cola die eerste plek behaal en Schalk van Niekerk is aangewys as die beste kwaliteitskeerder en het ook die eerste plek in die skeerafdeling behaal.

OFM Agri het met hierdie twee leerders, wat skitterend gevaar het, gesels:

“Ek het al van kleintyd af in landbou belang gestel en toe begin ek in graad agt by Hendrik Potgieter. In graad tien het ek my skeerkursus gedoen en toe van daar af het die gogga my gebyt,” vertel Van Niekerk, wat reeds sowat 80 skape ’n dag kan skeer.

Hy beoog om volgende jaar by DG Snyman te gaan skeer om sy doelwit van 200 skape te bereik, want dit is wat dit verg om oorsee skape te mag skeer. “Ek wil Nieu-Seeland toe gaan en dan redelik lank kan skeer. Skeer is nie ’n lewe nie, dis ’n ‘stepping stone’ na alles wat volg.”

Op haar beurt vertel ’n trotse Cola dat sy in 2021 by die skool ingeskryf het en in 2022 aan haar eerste wolklaskompetisie deelgeneem het. “Ek graag wil soos Tienie du Plessis wees, want ek sien hoe ver mense gaan met hulle wolklassering oorsee. In my eerste kompetisie het ek 24ste gekom. Vandag is ek derde in die land en eerste in die Vrystaat.”

OFM Agri/Johan Gunter

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.