On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Wat jy moet weet oor gewysigde Diereverbeteringswet

───   ROBYN SCHUTTE 05:00 Tue, 09 Apr 2024

Wat jy moet weet oor gewysigde Diereverbeteringswet | News Article

“Ons moet almal saamwerk om die Suid-Afrikaanse vleisbedryf te beskerm en te verseker dat ons ’n gesonde en veilige aanbod van vleis behou.”

Veranderinge aan die Diereverbeteringswet het ’n direkte invloed op die invoer van diere en vereis strenger nakoming van regulasies.

“Dit is van kardinale belang vir die Suid-Afrikaanse vleisbedryf om bewus te wees van die nuwe wysigings aan die Diereverbeteringswet," sê Dewald Olivier, uitvoerendende hoof van Red Meat Industry Services (RMIS).

Statistieke is nodig vir die invoer van diere by grensposte. Foto: Mark Stebnick, Pexels 

Die wysigings aan die Diereverbeteringswet het ontstaan uit die behoefte van die Departement van Landbou om ’n databasis van ingevoerde diere op te bou. Dit is ’n reaksie op die tekort aan statistieke in verband met die invoer van diere by verskeie grensposte. 

Die adjunk-direkteur-generaal van die Departement van Dieregesondheid het besluit strenger beheer is nodig om te verseker die korrekte diere kom die land binne en dat daar voldoende statistieke beskikbaar is.

"Dit is belangrik vir ons om te onthou dat die huidige invoerpermitte van krag bly totdat hulle verval," sê Olivier. "Daar mag dalk addisionele vereistes wees vir nuwe permitaansoeke, maar dit sal deeglik geadverteer word deur die Departement van Landbou."

Die doel van die nuwe wysigings is om Suid-Afrika se vleisbedryf te beskerm teen die moontlike invoer van siek diere en om die voldoening aan regulasies te verseker. Hoewel daar aanpassingsperiodes mag wees, is die uiteindelike doel om die bedryf se stabiliteit te verseker en om te voorkom dat die reëls omseil word.

"Die invoer van diere is nie ’n probleem nie, maar dit moet gedoen word binne die raamwerk van die wet," beklemtoon Olivier. "Ons moet almal saamwerk om die Suid-Afrikaanse vleisbedryf te beskerm en te verseker dat ons ’n gesonde en veilige aanbod van vleis behou."

OFM/Agriculture dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.