On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

South Africa

Kieshof se uitspraak oor Zuma ’n ‘groot oorwinning’ vir MK-party

───   14:47 Wed, 10 Apr 2024

Kieshof se uitspraak oor Zuma ’n ‘groot oorwinning’ vir MK-party | News Article
Die MK-party sê die kieshof se uitspraak is ’n groot oorwinning. Foto: X/MK-party

“Die vonnis wat die Grondwethof aan oudpres. Zuma opgelê het, was nie die soort vonnis wat oorweeg is toe Artikel 47 van die Grondwet opgestel is nie.”

Die uMkhonto weSizwe-party (MK-party) sê Dinsdag se uitspraak in die kieshof is ’n groot oorwinning vir die party voor die verkiesing op 29 Mei.

Die hof het beslis dat oudpres. Jacob Zuma se naam op die kieslys mag wees. Hy het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se hofaansoek om Zuma te diskwalifiseer as kandidaat om ’n parlementslid vir die MK-party te word, tersyde gestel.

Dit beteken dat Zuma se naam op die MK-party se kandidatelys sal verskyn wat in aanmerking kom om in die verkiesing mee te ding. 

Die regskenner Paul Hoffman meen die OVK moes Zuma nie verbied het om sy hoed in die ring te gooi nie. “Die vonnis wat die Grondwethof aan oudpresident Zuma opgelê het, was nie die soort vonnis wat oorweeg is toe Artikel 47 van die Grondwet opgestel is nie.

“Dit is dus korrek dat hy verkiesbaar is en hopelik sal die OVK die uitspraak van die kieshof aanvaar.”

Intussen sê die OVK hy win regsadvies in en sal die hof vra vir redes vir sy besluit.

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.