On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

South Africa

Kroonstad-stortreën: Munisipale werker meegesleur

───   12:11 Tue, 09 Apr 2024

Kroonstad-stortreën: Munisipale werker meegesleur | News Article
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens verwag nog reën die volgende paar dae. Foto: Pexels

“Ons is besig om die vloedskade te bepaal, maar ons kan met sekerheid sê sowat 80 huishoudings is geraak.”

’n Munisipale werker van Maokeng, Kroonstad, se liggaam is Maandagoggend (8/4) gekry nadat sy voertuig by ’n lae brug deur vloedwater meegesleur is. Gemeenskapsled het op Motaung Mokemane (50) se liggaam afgekom.

SABC News berig Kroonstad en meeste dele van die Vrystaat het die laaste paar dae stortreën gehad met tot 150 mm plek-plek. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens verwag nog reën die volgende paar dae.

“Ons as ’n familie is baie hartseer oor my broer se dood. Veral my ma kry baie swaar,” sê Mokemane se suster, Motshewa.

Inwoners in die Vrystaat word gewaarsku teen misleidende video's oor oorstromings. Foto: Pexels

“Ons is besig om die vloedskade te bepaal, maar ons kan met sekerheid sê sowat 80 huishoudings is geraak. Inwoners is nog nie uit die gebied ontruim nie. Ons hou die situasie dop,” sê Motloheloa Mokatsane, Moqhaka-burgemeester.

Intussen word gewaarsku oor misleidende inligting op sosiale media. “In sommige video's … word beweer daar is vloedskade in Kroonstad, terwyl dit nie so is nie,” sê Ketso Makume, LUR vir Samewerkende Regering, Tradisionele Sake en Menslike Nedersettings.

Wenke van die Suid-Afrikaanse rampbestuurspan:

  • As jy in ’n laagliggende gebied bly, hou die watervlak dop en ontruim na ’n veilige plek.
  • Moenie oor lae brûe gaan in ’n vloed of deur strome en riviere nie.
  • Motoriste moet baie versigtig wees en nie deur vloedwater ry nie.
  • Die publiek moet weerwaarskuwings op radio en televisie dophou.
  • Moenie probeer om oor ’n laagwaterbrug te ry as die water sterk vloei en die grond nie sigbaar is nie. Ry na ’n veilige plek en parkeer daar.
  • As jy bedrieg voel, bel jou munisipale rampbestuur, polisiekantoor of nasionale noodnommers (112, 10177 of 107).
  • Leer jou kinders oor die gevare van ’n vloed.
  • Vermy enige kontak met vloedwater want dit kan besmet wees met rioolvuil, olie of ander gevaarlike stowwe.

Die Suid-Afrikaanse rampbestuurspan se wenke. Foto: Cogta

OFM Nuus dg/mc

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.