On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

South Africa

Nuwe Nersa-riglyne maak voorsiening vir fase 16-beurtkrag

───   08:32 Sat, 06 Apr 2024

Nuwe Nersa-riglyne maak voorsiening vir fase 16-beurtkrag | News Article
Kragonderbrekings egter steeds tot verdere kennisgewing opgeskort.

“Dit is gedoen om gerusstelling te bring dat proaktiewe beplanning en risikoversagting deeglik en proaktief ontleed en oorweeg is.”

Nuwe riglyne is goedgekeur deur die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) wat Eskom toelaat om beurtkrag te implementeer vanaf fase 1 tot 16.

Die vorige riglyne het Eskom toegelaat om beurtkrag tot fase 6 te implementeer.

Die Vereniging vir Nasionale Standaardspesifikasies (NRS) van Suid-Afrika sê die riglyne is nodig om te help om ’n totale ineenstorting van die elektrisiteitsnetwerk te voorkom. Die praktykkode is ontwikkel deur ’n groep kundiges wat deur die NRS-vereniging aangestel is. 

Engineering News berig die nakoming van hierdie praktykkode is verpligtend vir alle Nersa-gelisensieerde elektrisiteitsverspreidingsnutsdienste en dit spreek lasverminderingspraktyke, stelselherstelpraktyke, kritieke las- en noodsaaklike lasvereistes tydens stelselnoodgevalle aan.

Die NRS-vereniging sê hierdie mediaverklaring is uitgereik om gerusstelling te bring dat proaktiewe beplanning en risikoversagting deeglik en proaktief ontleed en oorweeg is en op ’n gestruktureerde, indringende wyse deur baie ander belanghebbendes van beide die private en openbare sektor ondersteun word.

Dit wys daarop dat die vereniging daarna streef om drie fundamentele doelwitte te balanseer, naamlik 'n billike verdeling van die laste wat veroorsaak word deur 'n elektrisiteitstekort; die noodsaaklikheid om die ernstige gevolge van ’n totale ineenstorting te vermy; en die impak van beurtkrag op noodsaaklike en kritieke kragvoorsiening.

Die dokument, wat in samewerking met sleutelbelanghebbendes ontwikkel is, sal help om die nasionale elektrisiteitsnetwerk voor te berei en te beskerm, beweer die vereniging. Dit beklemtoon ook die behoefte aan ’n gestruktureerde en proaktiewe benadering om die huidige elektrisiteitskrisis en potensiële toekomstige uitdagings aan te spreek.

Dit verskaf tegniese riglyne vir Nersa-gelisensieerde elektrisiteitsverspreiders om noodgevalle doeltreffend te bestuur, meen die vereniging. Dit bemagtig ook Nersa-gelisensieerde elektrisiteitsverspreiders, insluitend die Eskom-stelseloperateur en munisipaliteite, om sekere stappe te doen in ’n noodgeval.


Eskom het Vrydagmiddag (5/4) aangekondig dat kragonderbrekings tot verdere kennisgewing opgeskort sal bly. Woordvoerder Daphne Mokwena het gesê die besluit is die gevolg van volgehoue beskikbare opwekkingskapasiteit en voldoende noodreserwes.

OFM Nuus cg


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.