On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

South Africa

‘Glam Guru’ se vervreemde man veilig gevind

───   ZENANDE MPAME 15:09 Wed, 03 Apr 2024

‘Glam Guru’ se vervreemde man veilig gevind | News Article
Hannon Bothma en Julius Swart. Foto: Instagram

“Die Glam Guru se vervreemde man is amper twee maande gelede laas gesien.”

Die Glam Guru het vroeër gesê hy weet nie waar sy man is nie en ook nie hoe dit met hom gaan nie nadat die Bramley-polisie bevestig het dat die 59-jarige man Vrydag (29/3) in Sandton, met behulp van sy bankstate en telefoonrekords, opgespoor is. Hy was twee maande lank vermis.

Julius Swart is in Januarie deur sy man, Hannon Bothma, as vermis aangemeld toe hy vir hom ’n WhatsApp-teks gestuur het waarop Swart nooit geantwoord het nie. Sedertdien is sy foon afgeskakel en niemand kon hom in die hande kry nie.

“Ek kan bevestig dat die ondersoek van die vermiste persoon afgehandel is. Swart sal mettertyd ’n verklaring aan die media verskaf indien dit vereis word,” het Phillip Munyai, speurder van die Bramley-polisiekantoor, gesê.


’n Inskrywing op die polisie se webwerf. Foto: saps.gov.za

"Swart en Bothma is in ’n ingewikkelde egskeiding gewikkel en Swart se privaatheid is van kardinale belang en sal waardeer word. Geen verdere ondersoek is nodig nie aangesien Swart se veiligheid en welstand bevestig is.”

Netwerk24 berig Bothma is emosioneel oor die goeie nuus, maar hy het baie vrae. En Swart weet dat die wêreld na hom gesoek het.

’n Inskrywing wat Woensdag (13/3) op die Facebook-blad van The Pink Ladies gedeel is, het bevestig dat Swart sedert 23 Januarie vermis word.

’n Inskrywing op die Facebook-blad van The Pink Ladies. Foto: Facebook/The Pink Ladies.

Swart en Bothma is in 2018 getroud, maar is al 30 jaar in ’n verhouding. Die egpaar het hul egskeiding in 2022 aangekondig, maar dit is nog nie gefinaliseer nie.

News24 berig voordat kontak met Swart verloor is, het hy na bewering in hotelle gebly. Hy het glo in 2022 ’n aanrandingsklag teen Bothma gemaak, terwyl Bothma op sy beurt ’n hofbevel teen Swart aangevra het.

OFM Nuus/Zenande Mpame cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.