On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

South Africa

Wetstoepassers reik meer as 900 000 boetes uit oor Paasnaweek

───   09:13 Mon, 01 Apr 2024

Wetstoepassers reik meer as 900 000 boetes uit oor Paasnaweek | News Article
Een van talle padblokkade wat tydens die Paasnaweek in die Vrystaat gehou is. Foto: Vrystaatse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling

Wetstoepassers het sedert die begin van die Paasvakansie duisende voertuie voorgekeer en nagegaan.

Meer as 1 000 motoriste en padgebruikers is sedert die begin van die Paasvakansie op 28 Maart in hegtenis geneem. Volgens die Padverkeersbestuurskorporasie is meer as 900 voertuie geskut tydens wetstoepassingsoperasies wat in al nege provinsies gehou is.

“Die arrestasies hou verband met verskeie oortredings, soos dronkbestuur, vervalste bestuursdokumentasie, roekeloos bestuur en voertuie wat oorlaai is met goedere en passasiers,” sê die korporasie in ’n mediaverklaring.

Hoë verkeersvolumes is op Donderdag (28/3) en Vrydag (29/3) ervaar. Die N1-Noord en N3-Suid het gemiddeld 2 000 voertuie per uur deur tolhekke aangeteken. Die N4-Oos het 1 900 aangeteken, terwyl die N1-Suid gemiddeld 1 000 voertuie aangeteken het.

Meer as 75 000 voertuie is voorgekeer en nagegaan, terwyl meer as 916 000 bestuurders verkeersboetes vir verskeie oortredings ontvang het.

Groot kommer oor onpadwaardige voertuie

’n Groot bekommernis is onpadwaardige voertuie. “Voertuie is hoofsaaklik in KwaZulu-Natal en Mpumalanga geskut weens die oortreding van die bepalings van openbare vervoerpermitte.

“Paasnaweek is sinoniem met hoë verkeersvolumes, insluitend pelgrimstogte en vakansiegangers wat voordeel trek uit openbare vakansiedae om familie te besoek of met vakansie te gaan.

“Hierdie toename in verkeer stel egter aansienlike uitdagings vir padveiligheid en motoriste moet deurgaans gewaarsku word om versigtig te bestuur weens die groot aantal voertuie op die paaie.”

OFM Nuus/Christine van der Westhuizen

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.