On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

South Africa

‘Zuma se beskerming voldoende’ – Bheki Cele

───   09:23 Sun, 31 Mar 2024

‘Zuma se beskerming voldoende’ – Bheki Cele  | News Article
Voormalige president Jacob Zuma/FOTO: OFM

Die departement van polisie is bewus van eise vir die polisieminister om antwoorde te lewer oor die beskermsdienste van voormalige president Jacob Zuma

Dit, ná ’n voorval waarin ’n man se motor teen die voormalige president se amptelike gepantserde staatsvoertuig gebots het.

’n 51-jarige man is in hegtenis geneem op aanklagte van dronkbestuur en bloedmonsters is geneem vir verdere toetse terwyl die polisieondersoek voortduur.

Die bestuur van die polisiediens het verslag gelewer aan generaal Bheki Cele, minister van polisie, oor Zuma se veiligheidsmaatreëls, waarna Cele bevestig het dat die huidige maatreëls voldoende is en op die vlak is van ander voormalige staatsleiers.

Die department het verder bevestig dat hulle nie die veiligheidsbesonderhede van enige huidige of voormalige staatshoof bekend sal maak nie, ten spyte van oproepe deur die uMkhonto we Sizwe party.

OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.