Podcasts
Noord-Kaapse droogte knou veeboere─── SABRINA DEAN 17:15 Tue, 09 Feb 2016

OFM-nuus se landbouredakteur, Sabrina Dean, het gister met Agri Noord-Kaap se hoofbestuurder, Henning Myburgh, gesels oor die droogte en hoe sake in die provinsie lyk.
Myburgh sê dit gaan steeds baie swaar met veeboere, wat die afgelope drie jaar reeds ondergemiddelde reënval ontvang het.
Hulle sit met groot veevoerrekenings en alhoewel daar onlangs reën oor groot dele van die provinsie voorgekom het, is daar nog nie kos vir die diere nie. Aan die positiewe kant is daar die menslike verhaal van die boere wat mekaar uithelp, sowel as die lesse wat geleer word...
Noord-Kaapse droogte knou veeboere: