On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Notices / Reports

SA Boerperd Nasionale Kampioenskap gehou

───   10:42 Mon, 20 Jun 2016

SA Boerperd Nasionale Kampioenskap gehou | News Article
Foto: saboerperd.com

Die SA Boerperd Telersgenootskap nooi graag alle luisteraars uit om die verrigtinge deur die loop van die week gratis by te woon!

Op Saterdag 2 Julie word 'n SA Boerperd aan oud-springboklegende, Frik du Preez (wat sy perd aan die dood moes afstaan), oorhandig. Hy en ander rugby-legendes sal dan ook die dag se verrigtinge bywoon en pryse oorhandig.


Die geskiedenis van die SA Boerperd is soos 'n goue draad met die moderne ontwikkeling van Suid-Afrika en sy mense verweef. Deur die eeue heen is 'n verskeidenheid uitheemse perderasse saam met avontuursoekers die land ingebring vir onder meer arbeid en as vervoermiddel.


In die uiterse klimaatstoestande van Suider Afrika, het slegs die mees geharde perde deur die vermenging van perderasse oorleef - dus 'n natuurlike seleksieproses. Uiteindelik het hier 'n unieke en ongekompliseerde perderas, nommerpas vir ons omstandighede, op eie bodem gevorm.


Die SA Boerperd is die enigste inheems-geteelde perderas wat as volledig ontwikkelde Suid-Afrikaanse ras erken word.


Die SA Boerperd se jaarlikse en nou (Inter)nasionale kampioenskap vind hierdie jaar vanaf 27 Junie to 2 Julie 2016 in die pragtige onderdak-arena van die Afri-Dome in Parys, Vrystaat, plaas.


Kom beleef gerus die winter-warm atmosfeer tussen die SA Boerperd-telers, ruiters, koetsiers en vertoners teen die agtergrond van die Vrystaatste dorpie, Parys, met al sy interessante toeriste-aantreklikhede.


Besoek gerus www.saboerperd.com vir meer inligting. Die program bestaan uit sowat 140 klasse, waarvan onderstaande 'n opsomming is. 


Verklaring verskaf

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.