Agriculture
Hofuitspraak ná Zim-onteiening nie einde vir boere nie─── 07:38 Tue, 07 May 2024
“Vandag se uitspraak verander of versag geensins die vorige uitspraak wat dieselfde hof op 11 Desember 2018 gelewer het nie.”
Die uitspraak in die Grondwethof, waarin bevind is dat die eise van Suid-Afrikaanse slagoffers van Zimbabwe se grondgrype verjaar het, is nie die einde van die pad vir Zimbabwiese boere nie.
Nou oorweeg die landbou-organisasie Southern African Agri Initiative (Saai) en die burgerregte-organisasie AfriForum opvolgsake om regverdige en billike vergoeding vir slagoffers te verseker.
Die uitspraak Maandag (6/5) is op ’n regstegniese punt gegrond.
Dié organisasies sê in ’n gesamentlike verklaring dat howe in Europa en die VSA onlangs vergoeding en regskoste teen die regering van Zimbabwe toegeken het, wat presedente in internasionale reg skep en Zimbabwiese staatsbates kwesbaar laat vir beslaglegging.
Zimbabwean Farmers Lose R2 Billion Claim in South African Court Due to Time Limit.
— Zimbabwe Economic Review (@ZimbabweReview) May 7, 2024
The Constitutional Court of South Africa has dismissed a claim for nearly R2 billion in damages filed by twenty-five Zimbabwean white farmers and companies who lost land during Zimbabwe land… pic.twitter.com/g7ggA5pKBA
“Vandag se uitspraak verander of versag geensins die vorige uitspraak wat dieselfde hof op 11 Desember 2018 gelewer het nie. In dié uitspraak is bepaal dat die Suid-Afrikaanse regering onregmatig en irrasioneel opgetree het toe hy met ander staatshoofde van die SAOG saamgesweer het deur deel te neem aan die opskorting van die SAOG-tribunaal. Die opskorting van die tribunaal het die deure van geregtigheid vir meer as 400 miljoen burgers van SAOG-lande gesluit,” lui die verklaring.
Die organisasies noem verder dat President Cyril Ramaphosa wel vroeër gehoor gegee het aan die Grondwethof se bevel om Suid-Afrika se handtekening van die ooreenkoms om die tribunaal se aktiwiteite op te skort, te onttrek. “Tog laat vandag se uitspraak meer as 700 Suid-Afrikaanse boere groot materiële verliese ly. Vandag se uitspraak bepaal dat slagoffers nie skadevergoeding van die Suid-Afrikaanse regering kan eis wat hulle weens die Suid-Afrikaanse regering se irrasionele en onwettige gedrag gely het nie, want dit het verjaar.”
A significant judgment is going to be handed down on Monday in South Africa’s Constitutional Court which could have major ramifications for #Zimbabwe’s land question and the unresolved matter of compensating those farmers whose land was expropriated. pic.twitter.com/CKUQGICxiM
— David Coltart (@DavidColtart) May 4, 2024
Saai en AfriForum hou egter vol dat die wese van geregtigheid nooit kan verjaar nie en geen onreg ooit finaal is nie.
“Net soos die restitusieprogram in Suid-Afrika vandag mense vergoed wat onder apartheid op wettige wyse (hoewel onregverdig) van grond ontneem is, sal die dag aanbreek wanneer die regering verantwoordelik gehou sal word vir sy flaters. Anders as apartheidgedrewe onteiening, het die Grondwethof reeds hard teen die regering geoordeel en onuitwisbare skande aan die regime toegeken terwyl dit nog aan bewind is,” sê dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai.
“Artikel 14 van die Afrika-handves van Mense- en Volkeregte stel dit duidelik dat die reg op eiendom gewaarborg sal word. Artikel 21 van die handves bepaal dat mense nie van hul welvaart ontneem sal word nie en dat in geval van spoliasie, die onteiende mense die reg sal hê op die wettige terugkryging van hul eiendom en op voldoende vergoeding,” sê Barend Uys, hoof van Interkulturele Verhoudings en Samewerking by AfriForum.
OFM Agri cg