On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Boere, pas op vir ‘oom Japie’ se slenters

───   05:00 Sun, 31 Mar 2024

Boere, pas op vir ‘oom Japie’ se slenters | News Article
Foto: Freepik

'Boere moet lig loop vir slinkse misdadigers wat hulle selfs vanuit die tronk teiken.'

Isabel Kruger van Vrystaat Landbou waarsku boere oor ’n 'veekoper' wat op heel geloofwaardige wyse mense met valse betalingsbewyse ’n rat voor die oë  draai en dan spoorloos met boere se diere of graan verdwyn.

Sy verduidelik die skelm is bekend onder verskeie name, onder andere as "dokter Kobus, oom Japie of Gideon". Hy gebruik ook verskillende selfoonnommers en net vir ’n kort tydperk, wat dit moeilik maak om hom vas te trek.

"Hy praat baie goeie Afrikaans, klink soos ’n ouer man en praat só dat mens hom maklik vertrou."

“Sy dokumente is ongelooflik goed vervals. Verkopers moet egter eers wag totdat die geld in hul bankrekening reflekteer. Moenie vertrou wat jy van hom sien voordat jy jou diere laai nie.”

Japie/Gideon bepaal hom nie by veediefstal nie, hy het nou ook uitgebrei na vaste eiendom. 

“Hy koop grond by jou en sal dan kamstig ’n deposito betaal. Hy koop dan ook al die beeste wat op die grond is. Hy stuur intussen ’n bewys van betaling waarna die beeste gelaai word.

"Hy sal ook sê hy het ’n vragmotor wat gereed staan op byvoorbeeld Bothaville, weet jy dalk van iemand wat mielies wil verkoop in daardie area?

“Hy is slinks met al sy vrae en antwoorde. Wanneer jy die bewys van betaling kry en die goedere gelaai word, dan is hy gewoonlik baie haastig. Dit is dan die laaste sien van daardie diere of graan wat hy by jou 'gekoop' het.”

Kruger vra mense om uiters versigtig te wees en nie enige goedere te versend voordat hulle self gesien het dat die geld wat daarvoor betaal is, in hul rekening reflekteer nie.

OFM Agri/Johan Gunter cvdw

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.