On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

International

VN eis onmiddellike wapenstilstand in Gasa

───   09:30 Tue, 26 Mar 2024

VN eis onmiddellike wapenstilstand in Gasa | News Article
Die VN se resolusie oor ’n wapenstilstand in Gasa word verwelkom. Foto: X/UN

“Dit is nou die verantwoordelikheid van die VN se Veiligheidsraad om te verseker dat daar voldoen word aan die resolusie, wat bindend op die partye is.”

Die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad het Maandag (25/3) sy eerste resolusie tot dusver goedgekeur wat ’n onmiddellike wapenstilstand in Gasa eis. Net Amerika het buite stemming gebly terwyl die ander 14 lidlande  ten gunste daarvan gestem het.

Die Suid-Afrikaanse regering het die resolusie oor ’n wapenstilstand in Gasa vir die maand Ramadan verwelkom. “Suid-Afrika is bly dat die Veiligheidsraad uiteindelik ’n onmiddellike en blywende wapenstilstand vir die maand Ramadan eis,” het dr. Naledi Pandor, minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, gesê. 

“Die resolusie moet ook voorstel dat hierdie wapenstilstand tot ’n blywende volhoubare wapenstilstand lei. Dit is nou die verantwoordelikheid van die … Veiligheidsraad om te verseker dat daar voldoen word aan die resolusie, wat bindend op die partye is.”

Intussen duur skermutselings tussen Israeliese troepe en Hamas-militante na bewering voort, ten spyte van dié resolusie.

Die oorlog het begin met Hamas se aanvalle op 7 Oktober in Israel, wat gelei het tot ongeveer 1 160 sterftes, meestal burgerlikes. Israel bombardeer die Gasastrook intussen onverpoos.

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.