On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

International

Skattige ‘baas (3) van ’n Brasiliaanse plaas’ verower die internet

───   CORNÉ GREYVENSTEIN 15:38 Fri, 26 Jan 2024

Skattige ‘baas (3) van ’n Brasiliaanse plaas’ verower die internet | News Article
Die seun en van sy dierevriende. Foto: Facebook

“Wat ’n geseënde seun! God beskerm hom teen al die boosheid in hierdie wêreld.”

Wanneer ons aan iets ouliks dink, dink ons gewoonlik aan diertjies, mensies, of albei. Mense kan dus skaars genoeg kry wanneer dié twee gekombineer word.

Heitor Borges (3) van Brasilië toets die perke van skattigheid met sy liefde vir plaasdiere. Kykers hou van die manier waarop die plaasvriende dié kind vertrou.


Foto's en video’s van waar hy speel, bid en sy geliefde haan ronddra, het hom reeds miljoene volgelinge besorg.

Hierdie baas van die plaas het in November drie geword, en sy beste vriend is 'n haan genaamd Tatá. Hulle woon in Joinville, in die suidelike staat Santa Catarina. Hy verlustig die internet met sy avonture op TikTok (@paidobebecampeiro) en ’n Instagram-rekening genaamd “country baby” (“bebê campeiro”), wat deur sy ouers Karoline en Alexandro Borges bestuur word op 'n plaas waar hulle omring is deur al hierdie lieflike diere.

Karoline en Alexandro Borges by Heitor. Foto: Facebook

Die seun kan gesien word waar hy verskeie diere, insluitend ’n eend, bok, hasie en hoenders, in ’n speelwaentjie laai en elkeen ’n soen kry. Hy trek hulle op die plaas rond in die waentjies wat agteraan sy gemotoriseerde speelgoedtrekker vasgemaak is. Die video begin oulik, raak ouliker, en dan word dit, wonderbaarlik, nóg beter wanneer ander plaasdiere hulle volg.

By een video, wat 39 miljoen keer gekyk is, lui die byskrif: “Wat ’n lieflike soen gee ‘campeiro’ nie sy vriend Tatá voordat die toer begin nie.” ("Campeiro" is 'n woord wat gebruik word vir mense in Brasilië wat met beeste werk.) En in ’n ander video sien ons ’n soortgelyke toneel, maar met ’n hasie wat saamry - hoekom dan nie? En die eend, bok en honde wil nie deur dié jong boerseun agtergelaat word nie.


Dit is ook nie die geluid van sy gemotoriseerde speelgoedtrekker wat die diere lok nie. In sommige video's trek hy hulle stappend rond met die eend en bok wat steeds vrolik langs hom loop.  

Een ding wat in die opmerkings waardeer kan word, is al die verskillende tale waarin mense kommentaar lewer. Hierdie profiele op sosiale media word wyd gevolg en wêreldwyd waardeer mense hierdie hartverblydende foto’s en video's van die plaaslewe.

Heitor en sy beste vriend, ’n haan, met die naam Tatá. Foto: Facebook

Maar ’n man kan nie net speel nie. Een van die plasings wat die seun se ma, Karoline, gedeel het, wys Heitor op sy knieë voor 'n klein heiligdom waar ’n klein standbeeld van die Heilige Hart van Jesus en nog een van Our Lady of Aparecida (die beskermvrou van Brasilië) uitgestal word. Van die mense het opgemerk: “Hierdie seun is ’n instrument van God.” ’n Ander het gesê: “Wat ’n geseënde seun! God beskerm hom teen al die boosheid in hierdie wêreld.”

Heitor op sy knieë voor 'n klein heiligdom waar ’n klein standbeeld van die Heilige Hart van Jesus en nog een van Ons Dame van Aparecida uitgestal word. Foto: Instagram

Om die waarheid te sê, om te sien hoe hierdie onskuldige, plattelandse seuntjie met die diere op die plaas speel (en hulle selfs soen), inspireer baie van sy volgelinge om van die geestelike realiteite van ons lewe in Christus bewus te raak en motivering en krag vir die lewe hieruit te put.

Een van die baie godsdienstige opmerkings herinner aan die gebed wat aan St. Francis toegeskryf is:

“Here, maak my 'n instrument van u vrede. Waar daar haat is, mag ek liefde bring. Waar daar aanstoot is, mag ek vergifnis bring. Waar daar onenigheid is, mag ek eenheid bring.”

OFM Nuus/Corné Greyvenstein cg/dg/mc

(Bronne: Aleteia.org; upworthy.com; en pethelpful.com)

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.