On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

International

Suid-Afrika vs. Israel: VN-hofuitspraak Vrydag verwag

───   09:59 Thu, 25 Jan 2024

Suid-Afrika vs. Israel: VN-hofuitspraak Vrydag verwag | News Article
Die Internasionale Geregshof (ICJ) in Den Haag kan Israel moontlik beveel om sy militêre veldtog in Gasa te staak. Foto: ICJ

“Suid-Afrika het nie genoeg klem gelê op die gebeure van 7 Oktober nie.”

Die Verenigde Nasies (VN) se hoogste hof sal na verwagting Vrydag die langverwagte uitspraak lewer in Suid-Afrika se saak teen Israel oor beweerde volksmoord in Gasa.

Die Internasionale Geregshof (ICJ) in Den Haag kan Israel moontlik beveel om sy militêre veldtog in Gasa te staak, wat deur die ongekende Hamas-aanval op 7 Oktober aangewakker is.

Die saak het internasionale aandag gevestig op die Suid-Afrikaanse afvaardiging van regskenners se toepassing van die Konvensie oor die Voorkoming en Straf van ’n Misdaad teen die Mensdom, of die Volksmoordkonvensie, in die Gasastrook.

Die uitspraak sal na verwagting Vrydag om 13:00 regstreeks uitgesaai word.

Regter Joan E. Donoghue, president van die hof, sal die hofbevel lees.

Op 29 Desember 2023 het Suid-Afrika ’n aansoek ingedien wat verrigtinge teen Israel instel oor beweerde skendings deur Israel van sy verpligtinge kragtens die Volksmoordkonvensie teen Palestyne in die Gasastrook.

In sy aansoek het Suid-Afrika ook die ICJ versoek om voorlopige maatreëls daar te stel om “die Palestynse volk kragtens die Volksmoordkonvensie teen verdere, ernstige en onherstelbare skade te beskerm” en “om te verseker dat Israel sy verpligtinge kragtens die Volksmoordkonvensie nakom en nie by volksmoord betrokke raak nie, en om volksmoord te voorkom en te straf”.

Intussen is Israel ferm in hul reaksie teenoor Suid-Afrika. Een regsadviseur vir Israel se Departement van Buitelandse Sake, dr. Tal Becker, het aangevoer dat Suid-Afrika nie genoeg klem gelê het op die gebeure van 7 Oktober nie.

OFM Nuus cg/dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.