On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

International

Israel sal Suid-Afrika aanvat in internasionale hof

───   12:38 Mon, 08 Jan 2024

Israel sal Suid-Afrika aanvat in internasionale hof | News Article
Die Internasionale Geregshof. Foto: twitter.com

“Hamas sou ons almal vermoor het as hy kon. In teenstelling hiermee tree die Israeliese weermag so moreel as moontlik op.”

Israel sal vandeesweek Suid-Afrika se bewering dat hy “volksmoord” in Gasa pleeg in die Internasionale Geregshof beveg, sê ’n Israeliese woordvoerder.

“Die geskiedenis sal julle oordeel, en dit sal julle sonder genade oordeel,” het Eylon Levy volgens die BBC gesê gesê terwyl hy Suid-Afrikaanse leiers toegespreek het.

Suid-Afrika het die saak Vrydag by dié hof aanhangig gemaak, tot Israel se verontwaardiging. Suid-Afrikaanse regeringsadvokate verwag die saak sal op 11 en 12 Januarie aangehoor word, sê Clayson Monyela, ’n woordvoerder van Suid-Afrika se departement van internasionale betrekkinge en samewerking, op die sosialemediaplatform X gesê.

Suid-Afrika is ’n stoere ondersteuner van die Palestyne en het Israel herhaaldelik veroordeel sedert die begin van die oorlog met Gasa op 7 Oktober.

Meer as 22 000 Palestyne – meestal burgerlikes – is dood in Israeliese aanvalle sedert die oorlog begin het, volgens Gasa se ministerie van gesondheid, wat deur die Islamitiese groep Hamas bestuur word.

Israel het oorlog teen Hamas verklaar nadat die groep 'n massiewe aanval op gemeenskappe in Israel gelei het, waarin sowat 1 200 mense doodgemaak is, meestal burgerlikes, en sowat 240 ander as gyselaars na Gasa teruggeneem het.

Suid-Afrika se presidensie het ná sy aansoek by die Internasionale Geregshof gesê die land is verplig “om te verhoed dat volksmoord plaasvind”.

Die dokument van 84 bladsye lui dat die “dade en versuim deur Israel” “volksmoord van karakter is omdat dit bedoel is om die vernietiging van ’n wesenlike deel van die Palestynse nasionale, rasse- en etniese groep teweeg te bring”.

Dié hof, wat in Den Haag in Nederland gesetel is, is die Verenigde Nasies (VN)  se hoogste hof. Dit besleg geskille tussen lande en gee raadgewende menings oor internasionale regskwessies. Dit het nie die mag om vervolging te bring nie. Sy menings dra egter gewig by die VN en ander internasionale regsliggame.

Levy sê Israel is van plan om die saak te beveg om Suid-Afrika se absurde en vals, antisemitiese bewerings uit die weg te ruim.

Benjamin Netanyahu, premier van Israel, het Suid-Afrika se bewerings woedend verwerp toe hy die regsgeding ingedien het, en gesê: “Nee, Suid-Afrika, dit is nie ons wat gekom het om volksmoord te pleeg nie, dit is Hamas.

“Hamas sou ons almal vermoor het as hy kon. In teenstelling hiermee tree die IDF [Israeliese weermag] so moreel as moontlik op.”

Die hof het al een keer tevore Israel veroordeel, in 2004, toe dit bevind het dat Israel se versperring wat in en om die besette Wesoewer gebou is, teen internasionale reg was. Israel het gesê die versperring is gebou om selfmoordbomaanvalle vanaf die Wesoewer te stuit; Palestyne het dit as 'n meganisme beskou om grond te vat.

Netanyahu het belowe dat Israel sy veldtog sal voortsit om “Hamas te neutraliseer, ons gyselaars terug te neem en te verseker dat Gasa nie meer ’n bedreiging vir Israel sal wees nie”.

“Ons moet alles opsy sit ... totdat die volledige oorwinning behaal is,” het Netanyahu gesê in 'n verklaring wat deur sy kantoor uitgereik is.

Ook bekend as die Wêreldhof, is die Internasionale Geregshof in Nederland by die Vredespaleis geleë. Die hof is een van die ses hoofliggame van die VN en bestaan uit 'n paneel van 15 regters wie se doel is om geskille tussen lande op te los.

Die Suid-Afrikaanse professor Dire Tladi (48) is in November 2023 verkies as een van die nuwe regters van dié hof. Hy is die eerste Suid-Afrikaner wat in hierdie hoedanigheid dien.

Tladi is 'n kenner in internasionale reg en doseer aan die Universiteit van Pretoria. Hy is ook 'n lid van die Internasionale Regskommissie en dien as sy Spesiale Rapporteur oor Dwingende Norme van Algemene Volkereg. Voor dit het hy poste beklee as die Regsadviseur vir die Suid-Afrikaanse Sending in New York en as ’n Spesiale Adviseur van die Suid-Afrikaanse minister van buitelandse sake.

OFM Nuus cg/dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.