On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

International

Japan: Sowat 48 mense reeds dood ná kragtige aardbewing

───   10:22 Tue, 02 Jan 2024

Japan: Sowat 48 mense reeds dood ná kragtige aardbewing | News Article
Foto: Reuters

Meer as 100 winkels en huise het Maandagaand ná die aardbewing afgebrand.

Minstens 48 mense is reeds dood nadat ’n aardbewing Japan se weskus op Nuwejaarsdag getref het. Die aardbewing se sterkte was  7,6. Daar word nog na oorlewendes in die puin gesoek, berig NHK, Japan se openbare uitsaaier.

Hoewel daar aanvanklik vir ’n tsoenami gevrees is het Japan dié waarskuwings opgehef, maar gesê wydverspreide skade is deur die aardbewing en daaropvolgende skuddings veroorsaak.

Sowat ’n duisend reddingswerkers is op soek na mense wat moontlik onder die puin vasgekeer is. Meer as 100 winkels en huise het Maandagaand afgebrand weens 'n brand wat ná die aardbewing uitgebreek het.

Paaie is erg beskadig in die aardbewing in Japan. Foto: Reuters

Vier sneltreine se ritte is onderbreek toe die aardbewing die gebied getref het en byna 1 400 passasiers was vir ongeveer elf uur binne-in vasgekeer. Treindienste is weer Dinsdagoggend  (2/1) hervat.  

Die weermag het kos, water en komberse verskaf aan mense wat hul huise moes verlaat.

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.